Die renostergousblomook: botterblom, witbotterblom (Arctotis acaulis L.) is een van die gousblom-spesies van die genus Arctotis. Dit is endemies aan Suid-Afrika en kom veral in die Wes-Kaap, maar ook in die aangrensende streke van die Noord- en Oos-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Dit is 'n polvormige, meerjarige plant wat 20 cm groot kan word. Dit het 'n blaarroset. Die blare is lans- of liervormig, getand en het 'n ruharige bokant. Die onderkant is viltagtig. Die blomhoofde het oranje of geel strale en 'n swart skyf.Field Guide to Fynbos, , Struik, 2007, , , bls 410

Subspesies Die plant het twee subspesies: Arctotis acaulis var. acaulis Arctotis acaulis var. undulata Less.

Galery

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

acaulis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika