Vir die voëls is ’n Afrikaanse rolprent wat op 25 November 2016 vrygestel is. Die fliek is gebaseer op 'n kortverhaal deur Irma Humpel, getiteld "Slim vang sy baas". Die storie gaan oor die ware liefdesverhaal van Irma en Sampie de Klerk van Newcastle. Irma het dit ingeskryf vir ’n leserswedstryd op soek na ’n draaiboek om Huisgenoot se 100ste bestaansjaar te vier. Huisgenoot het die film in samewerking met kykNET Films en The Film Factory vervaardig.

Genre Die film is ’n romantiese drama wat in die laat-sewentigs afspeel. Hubare mans was op die grens vir diensplig en vroueregte ’n onbekende konsep. Musiektreffers uit die 1970’s, soos Carike Keuzenkamp se Hoeka Toeka en Glenys Lynne se Ramaja, kan in die fliek gehoor word. Die fliek het ’n 10-12 OLG-ouderdomsperk (ouerleiding weens geweld).

Rolverdeling Simoné Nortmann as Irma Humpel Francois Jacobs as Sampie de Klerk Elize Cawood as ouma Lara Kinnear as Marieda Bennie Fourie as Karel Neels van Jaarsveld as Ivan Nicola Hanekom as Alta Drikus Volschenk as Willem sr. Edrien Erasmus as Dina Leandry Smit as Irma Humple jr. Candice Kruger as Marieda jr. Liam Bosman as Sampie de Klerk jr.

Storielyn In die fliek is Irma Humpel ’n korrelkop-rabbedoe wat in die laat 1970’s in ’n trourok voor die kansel beland. Die bruidegom is die seun wat haar kleintyd geterg het. Tot kort tevore het sy vas geglo dat onafhanklikheid die enigste vorm van vryheid is, maar intussen het Sampie de Klerk haar oor haar oortuigings laat nadink.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente