Die bergaandblomook: reebokblom, rooi-afrikaner (Gladiolus tristis) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.
Dit is 'n meerjarige geofiet wat 60 – 90 cm hoog kan word en stam uit vogtige plekke van die kus tot in die berge.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:437938-1 Die plant kan deur sy saad of deur sy knolle vermeerder word en het groot welriekende blomme.
Hierdie spesie was een van die eerste van die genus Gladiolus wat in Europa ingevoer is. In 1745 verskyn dit in Chelsea Physic Garden in Londen, Engeland. Die plant word as snyblom gekweek. Daar is nou talle hibride soos die colvillei-hibride wat uit G. tristis en G. cardinalis ontstaan het.Flower Crops: Cultivation and Management , New India Publishing, 2006, , bls. 149
Die spesie het verskeie plaaslike name: reebokblom, rooi-afrikaner en trompetter.
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Gladiolus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Snyblomme