Die Narmada (Hindi: नर्मदा, narmadā, [nʌɽmʌdɑː], Goedjarati: નર્મદા નદી), Nerbudda of Rewa is die grootste wes-vloeiende rivier in Indië. Die rivier, met 'n lengte van 1 315 km (817 myl), is ná die Indus, Brahmaputra, Ganges en Godavari die vyfde langste rivier in Suid-Asië. Die Narmada word in die Hindoeïsme as heilig beskou, wat van dié rivier 'n belangrike pelgrimstog vir Hindoes maak. Dié rivier vorm die tradisionele grens tussen Noord-Indië met die Gangesvallei en Suid-Indië met die Dekan-plato. Die Narmada se hele rivierloop word in die noorde deur die Vindhya- en in die suide deur die Satpura-gebergtes begrens. Daarbenewens vorm die Narmada se onderloop die noordelike grens van die Wes-Ghats.
duimnael|links|Marmerklippe langs die Narmadarivier naby Jabalpur duimnael|links|Die Narmada in Omkaresjwar Die Narmada ontspring in die Amarkantak-plato in Sentraal-Indië, net oos van Jabalpur in die deelstaat Chhattisgarh. Aansluitend vloei dié rivier in 'n westelike rigting en bereik die deelstaat Madhya Pradesh. Hier vloei dié rivier net suid van Bhopal en Indore. Daarna bereik die Narmada die deelstaat Goedjarat net suid van Vadodara en mond net noord van Surat in die Golf van Khambhat, wat deel uitmaak van die Arabiese See, uit.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Chhattisgarh Kategorie:Goedjarat Kategorie:Madhya Pradesh Kategorie:Riviere in Indië