Die pempempieook: vuurlelie (Cyrtanthus tuckii Baker) is 'n blomdraende plant en geofiet wat inheems aan Suid-Afrika en Eswatini is. Dit kom in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo voor. Moenie hierdie plant met die piempiempie van die Wes- en Noord-Kaap verwar nie. Hulle is nie naverwante spesies nie. Op die SANBI-rooilys is die pempempie as 'veilig' (LC) gelys.
Hierdie geofiet is moeilik om te kweek. Dit kom in grasland en op vogtige plekke voor.
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
tuckii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Eswatini