Die Krisjna (Marathi: कृष्णा नदी Kr̥ṣṇā nadī, Kannada: ಕೃಷ್ಣಾ ನದಿ Kr̥ṣṇā nadi, Telugu: కృష్ణా నది Kr̥ṣṇā nadi) is 'n groot oos-vloeiende rivier in Indië. Die rivier, met 'n lengte van 1 290 km (800 myl), is ná die Indus, Brahmaputra, Ganges, Godavari en Narmada die sesde langste rivier in Suid-Asië. Die Krisjna word in Hindoeïsme as heilig beskou, wat van dié rivier 'n belangrike pelgrimstog vir Hindoes maak. Dié rivier is genoem ná die Hindoegod Krisjna.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Godavari (bo) en die Krisjna (onder) se mondings in die Golf van Bengale Die Krisjna ontspring in die Wes-Ghats in Wes-Indië, net suid van Pune in die deelstaat Maharashtra, sowat 64 km oos van die Arabiese See. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidoostelike rigting net noord van Kolhapur en bereik later die deelstaat Karnataka, waar dié rivier in 'n oostelike rigting vloei. Daarna bereik die Krisjna die deelstaat Andhra Pradesh, waar dié rivier in 'n wye boog suid van Hyderabad vloei en aansluitend Vijayawada bereik. Nadat dié rivier die Oos-Ghats deurkruis het, mond hy verder suid in 'n wye delta in die Golf van Bengale uit, net suid van die Godavari se monding.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Andhra Pradesh Kategorie:Karnataka Kategorie:Maharashtra Kategorie:Riviere in Indië