Die bergpalm of waterbergbroodboom (Encephalartos eugene-maraisii) is 'n spesie van die genus Encephalartos en is endemies aan Limpopo. Dit is beperk tot die Waterberg-gebied in Limpopo. Op die SANBI-rooilys is dit as bedreigde spesie (EN) gelys. Die populasie het in die laaste generasie (ongeveer 30 jaar) met meer as 50% afgeneem en daar bly net ongeveer 900 indiwidue oor.
Dit is 'n boom wat tot 3 m hoog word. Sy sierlike blare word 1 m lank. Die plant se FSA-nommer is 3.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit bekend as Waterberg cycad.
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne PZA Sanbi REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika