Die diewekruidklimop, lemoenbloeisel, sinkingswortel (Clematis brachiata) is 'n plant wat inheems is aan Suid-Afrika, Namibië, Eswatini, Lesotho en Botswana. Dit kom in alle provinsies behalwe Noord-Kaap voor en dit is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.
Dit is 'n bladwisselende kruip- of klimplant wat tot 5 m hoog kan klim. In die somer en herfs is dit bedek met talle klein, welriekende, roomwit blomme met 'n geel hart wat die indruk van sneeu skep.
Die plant word dikwels vir sy medisinale eienskappe gebruik. Die blare word in skoene of onder saals gebruik om verwondings teen te werk. Die blare word ook as tee gebruik teen verkoue.
Fotogalery
Verwysings
brachiata Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Eswatini