Die Kussingvygie (Stomatium mustellinum) is 'n vetplantjie uit die vygiefamilie Aizoaceae. Dit is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap en die Vrystaat voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Dit is 'n klein meerjarige plantjie wat rosette vorm. Dit het 4-6 paar klein blaartjies op kort takkies. Beide blare wat 'n paar vorm het 'n onreëlmatige amper driehoekige deursnee wat aan die top gekield of bootvormig is. Die rande en die kiel is breedgetand. Die blare is grysgroen en rubberagtig. Dit kry enkele blomme wat 30 mm in deursnee is en baie fyn geel blomblaartjies het.

Soos talle ander Suid-Afrikaanse spesies word hulle ook in tuine in ander lande, soos in die deelstaat Colorado van die Verenigde State gekweek.

S. mustellinum is 'n diagnostiese spesies van 'n grasveld-plantegroeitipe, soos dit in Bloemfontein aangetref word en wat Oropetium capense – Eragrostis nindensis genoem word.

Verwysings

mustellinum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika