Die pompombossie (Campuloclinium macrocephalum (Less.) DC.) is 'n kategorie-1 indringerplant afkomstig vanaf Suid-Amerika. Dit is vanaf 1970 in Suid-Afrika opgemerk. Dit kom in al die provinsies voor maar is die volopste in Gauteng. Dit is ‘n regopgroeiende meerjarige plant wat tot 1,5 m hoog word met helderpienk tosselvormige blommetjies.
Die plant het geen natuurlike vyande in Suid-Afrika nie en sy verspreiding het die afgelope vyf jaar verdubbel. Die plant is giftig en uiters moeilik om te beheer. Die Lekgalameetse-natuurreservaat in die Wolkberg-gebied suidoos van Tzaneen is die ergste aangetas.
Fotogalery
Sien ook Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Hoe om die indringerplant te beheer https://www.sanbi.org/resources/infobases/invasive-alien-plant-alert/campuloclinium-macrocephalum/
Kategorie:Indringerplante van Suid-Afrika