raam|80px Die Canon EOS 70D is 'n digitale enkellensreflekskamera wat op 2 Julie 2013 deur Canon vrygestel is teen 'n voorgestelde kleinhandelprys van VS$1 199. As deel van die Canon EOS tweesyferlyn, is dit die opvolger van die EOS 60D en die voorganger van die EOS 80D.
Die EOS 70D is die bekendstellingsplatform vir Canon se "Dual Pixel CMOS Autofocus", wat 'n groot verbetering in fokusspoed bied in lewendige sig ("Live View"), beide vir foto's en video. By groot openinge soos f/1.8, bied die 70D se Dual Pixel CMOS Autofocus 'n beduidende verbetering in fokusakkuraatheid en konsekwentheid oor konvensionele outofokus.
Die 70D kan aangekoop word as 'n liggaam alleen, of in 'n stel met 'n EF-S 18-55mm 3.5-5.6 IS STM lens, EF-S 18-135mm 3.5-5.6 IS STM lens, en/of die EF-S 18-200mm 3.5-5.6 IS lens.
Funksies In vergelyking met die EOS 60D, is die volgende veranderinge aangebring: Beter resolusie met 'n 20.2 MP CMOS Sensor (60D het 18.1 LP) DIGIC 5+ beeldverwerker (DIGIC 4 op 60D) 19-punt AF-stelsel, almal kruistipe teen f/5.6. Sentrumpunt is 'n hoë presisie, dubbelkruistipe teen f/2.8 of vinniger. (9 punte, almal kruistipe op 60D) 98% soekdekking, 0.95× vergroting (96% dekking met dieselfde vergroting vir 60D) Vinniger deurlopende skiet teen 7.0 fps (5.3 fps op die 60D) Ingeboude Wi-Fi (nie op die 60D) 3.0" vari-hoek Clear View II LCD-raakskerm (geen raakskerm op die 60D) Maksimum sensorsensitiwiteit verhoog tot ISO 12800 maksimum (H: 25600 uitgebrei) – vergelyk met 6400 (H: 12800 uitgebrei) op die 60D Nuwe "Dual Pixel CMOS AF" (slegs standaard kontras-opsporing in lewendige sig op 60D) Laat die gebruik toe van hoë presisie fase-opsporing outofokus in lewendige sig, funksioneel oor 80% van die raam af na 0 EV en Volle HD Movies EOS Digitale Zoem in die moewiemodus — bied 'n volle HD-krop uit die sentrum van die sensor vir 'n geskatte 3x zoem met geen verlies van kwaliteit van die prent, plus 'n digitaalgeïnterpoleerde 10x zoem (voorheen slegs beskikbaar op die 600D/Rebel T3i) AF mikroverstelling (is ingestel op die 50D, maar nie teenwoordig by die 60D nie) Die 70D kan mikroverstel by beide brandpuntuiterstes van die dieselfde zoemlens. HDR (nie beskikbaar in-kamera op die 60D) Multi-blootstellingsmodus (nie beskikbaar op die 60D) Beligtingsgroepering van tot 7 rame (3 rame vir die 60D) Een SD/SDHC/SDXC kaartgleuf, ondersteun die UHS-I bus (UHS-I ondersteun is 'n opgradering in vergelyking met die 60D) Eksterne 3.5 mm stereo-mikrofoonsok. Soekvlakaanwyser. Die aanduier bly steeds aktief in outofokus totdat die sluiter vrygestel word. (In vroeëre Canonliggame met hierdie funksie, het die aanwyser slegs ten volle aktief gebly in die handfokusmodus; in outofokus het die aanwyser uit sig verdwyn wanneer die sluiterknoppie halfpad ingedruk is vir outofokus.)
Verwysings
Kategorie:Canon-kameras