Bagleyston is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika wat in die noorde deel van die stad geleë is.

Bagleyston is aangelê op die plaas Klipfontein en in 1947 geproklameer. Dis genoem na die eienaar van die grond, Herbert Bagley. In die ou dae was die voorstad oorwegend Engels, want in 1961 byvoorbeeld, was net 17 van die munisipale kiesers Afrikaanssprekend, vergeleke met 143 Engelssprekendes.

Bronne Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Johannesburg