Bergnooientjie (Aeropetes tulbaghia) is 'n vlinderspesie wat inheems is aan Suid-Afrika. Dit behoort tot die familie van Vierpootskoenlappers (Nymphalidae).
Dit kom veral in die fynbos voor en bestuif net plante wat rooi blomme het. Een van die soorte wat dit besoek is 'n orgidee, die bakkiesblom, wat heeltemal van A. tulbaghia vir sy bestuiwing afhanklik is.
Aeropetes tulbaghia is na Ryk Tulbagh, goewerneur van die Kaap in 1751-1771, vernoem. Hy het baie in die fauna en flora van die Kaap belang gestel. Die skoenlapper was deel van 'n versameling wat hy na die botanikus Carolus Linnaeus in Europa gestuur het.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders
Verwysings
Bronnelys Kennis, 1980, vol 4, bl. 681,
Kategorie:Skoenlappers