Die bakkiesblom (Disa uniflora) is 'n plant en geofiet wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig (LC) gelys. Dit staan ook as die rooidisa bekend. Die spesie blom van Desember tot Maart in die berge van die suidwestelike Wes-Kaap. Dit is een van 241 erkende orgideespesies in die Kaapse floraryk, en die bekendste van 183 spesies in die genus Disa. Die naverwante D. longicornu, D. ferruginea en D. graminifolia word in soortgelyke habitat aangetref.

Hierdie orgidee is gewild by kwekers. In die wildernis word hulle op die oewers van stroompies, by watervalle of op nat sandsteenhange van die Tafelberg en ander berge van die Wes-Kaap aangetref. Weens hierdie voorkeur moet kwekers sorg dat die plant voortdurend oor skoon water beskik. Temperature moet binne 10 tot 26°C bly. Die vlinder Aeropetes tulbaghia is die enigste insek wat dit bestuif. Die plant is wetlik beskerm en wilde plante mag dus nie verwyder word nie. Dit is een van die amptelike simbole van die provinsie Wes-Kaap, benewens die Bergklub van Suid-Afrika en die Stormers-rugbyunie.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

uniflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika