Die tonnabossie (Pavetta harborii S.Moore) is 'n struik of 'n boom wat inheems aan Botswana, Mosambiek, Namibië en die noordooste van Suid-Afrika is.http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1446-32

Dit groei in diep sanderige grond en dit word van 2,5 tot 6 m hoog. Die plant is giftig en veroorsaak gousiekte wat hartaanvalle onder herkouers tot gevolg het.

Verwysing

marlothii Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika