Bruno Senna Lalli (Portugese uitspraak: ['brunu 'senɐ], gebore 15 Oktober 1983) is 'n Brasiliaanse professionele renjaer wat tans vir Aston Martin in die FIA Wêrelduithoukampioenskap meeding. Hy is die susterskind van wyle Ayrton Senna, die driemalige Formule Een-wêreldkampioen.
Senna het aan Formule Een deelgeneem in 2010-12. Hy het sy debuut vir Hispania Racing in 2010 gemaak, en ook vir Renault gejaag vanaf Augustus 2011 as 'n plaasvervanger vir Nick Heidfeld, en vir die Williamsspan in 2012. Tussen 2014-16, jaag hy vir Mahindra Racing in Formule E. Sy moeder is Ayrton se ouer suster, Viviane. Sy vader, Flávio Lalli, het met 'n motorfiets verongeluk in 1996. Die kleurskema van Bruno se valhelm is 'n effens aangepaste weergawe van dié wat deur sy oom Ayrton Senna gedra was.
Verwysings
Kategorie:Brasiliaanse renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense