Die steroog-lipvis (Paracheilinus hemitaeniatus) is 'n vis wat voorkom langs die kus van Madagaskar en KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Starry-eyed wrasse.

Identifikasie Die vis word tot 9 cm lank. Dit het 'n lang lyf. Die volwasse mannetjies het 'n pienkerige lyf en daar is 'n geel area agter die pektorale vinne wat gevolg word met kort pers strepies.

Hulle leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 20 tot 50 m diep is. Hulle is alleenlopend of kom in klein groepies voor wat bestaan uit verskeie wyfies en een mannetjie. Die visse vreet soöplankton en klein ongewerweldes.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Eksterne skakel http://www.fishbase.se/summary/Paracheilinus-hemitaeniatus.html

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Kategorie:Lipvisse