GousiekteboomSaunders Comprehensive Veterinary Dictionary, , 2011, , of gifbruidsbos (Pavetta schumanniana F.Hoffm. ex K.Schum.) is 'n boom wat inheems in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga in Suid-Afrika is. Die spesie kom ook Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kameroen, Kaprivistrook in Namibië, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe voor.
Dit is 'n struik of boom van 3,5 tot 8,5 m hoog. Die blare groei in groepies van drie en is eiervormig, 6-15 cm lank en 2,0-7,5 cm breed. Hul bokant is glansend groen, die onderkant het sagte grys hare. Die blomme is wit en geurig. Hulle groei in digte klompies. Die plant is giftig en veroorsaak gousiekte wat hartaanvalle onder herkouers ten gevolg het.
Nes die ander vyf spesies wat gousiekte verwek, het die plant endosimbiontiese bakterieë in sy blare. Watter rol hierdie bakterieë speel is nie heeltemal duidelik nie. Daar is eers gedink dat hulle stikstof bind, maar dit kan nie aangetoon word nie. Die bakterie vorm swart knobbeltjies op die blare en langs die are. Hierdie bakterieë is ook aanwesig in die vrugte. Indien die vrugte in kokende water gedompel word is dit moontlik 'kreupele' plante sonder bakterieë te verkry. Hul groei is abnormaal.
Die boom se FSA-nommer is 721.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysing
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Pavetta Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe