Die bergvygie (Drosanthemum speciosum (Haw.) Schwantes) is 'n vetplantjie in die vygiefamilie. Dit is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Worcester tot Heidelberg voor. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys. Die plant is 'n indringerplant in Kalifornië.

Dit is 'n struikie wat 50 cm hoog kan word. Deur die blaasselle op die vel lyk dit asof dit met dou bedek is. In die lente is die plant verder bedek met pragtige blommetjies wat veral in die Nasionale Botaniese Tuin van die Karoo-woestyn in Worcester te bewonder is. Die plantjie is nou 'n gunsteling in baie tuine in streke van die wêreld met 'n Mediterraanse klimaat.

Fotogalery

Verwysings

speciosum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika