Boesmansuring (Anacampseros rufescens (Haw.) Sweet) is 'n vetplantjie wat endemies is aan Suid-Afrika en voorkom in Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys.Plants of the Wolrd Online
Die plant groei op kaal vlaktes of klipperige hellings in die ooste van die Nama-Karoo of die Oos-Kaapse berge. Gewoonlik is daar min reën en ekstreme temperature. Die jong blare is tydens die winterreëns groen van kleur, maar in die droë tyd kan dit rooierig of perserig word. Die saadjies ontkiem gemaklik en die plant groei nou ook buite Suid-Afrika as tuin- of kamerplante.
Galery
Verwysings
rufescens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Vetplante