Haaskos (Anacampseros lanceolata (Haw.) Sweet) is 'n vetplantjie wat endemies is aan die westelike dele van Suid-Afrika. Dit word ook boesmansuring genoem, maar hierdie naam word gewoonlik vir die naverwante A. rufescens gebruik. Die plant is as veilig gelys op die SANBI-rooilys.

Verspreiding Die spesie het 'n uitgestrekte (maar smal) verspreiding in die westelike dele van Suid-Afrika, van die grens met Namibië (die Richtersveld), deur die Namakwaland en westelike Groot Karoo, af tot by die Worcester-area in die Robertson Karoo en van Bredasdorp tot by Uniondale.Succulent Flora of Southern Africa, ,CRC Press, 2000, , , bls. 47

Identifikasie Die plantjie het 'n vertakte stam wat 8 cm lank kan word en tot 5 cm breed. Dit groei in rosetvorm en vorm klompe of grondbedekkende matte. Die plant het dik lansvormige blare wat 2,5 cm lank word met wit veselagtige hare daartussen. Die blomme is pienk-perserig.

Sy sukkulensie-indeks is uiters hoog: 53,27.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

lanceolata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Vetplante