Die kameelvoetjie (Conophytum subfenestratum Schwantes) of glasvingertjie is 'n knopie.

Hierdie dwergvetplantjie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom van die Knersvlakte tot Kliprand voor. Hulle is baie klein en onopvallend omdat hulle lyf onder kwartsietklippies begrawe is. In die herfs is dit makliker om te sien waar hulle groei wanneer hulle bloei. Die lyfies is tot 2,5 cm breed, bleekgroen van kleur en deurskynend.

Verwysings

subfenestratum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika