Die platvoetaasblom (Ceropegia barberae) is 'n bolagtige geofiet wat inheems is aan Botswana, Zimbabwe en die Suid-Afrikaanse provinsies Oos-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Noordwes en Mpumalanga. Dit groei op hoogtes tussen 400 en 1300 m bo seevlak.

Die knol lyk op 'n aartappel. Dit word 80-200 mm in deursnee en is eetbaar. Dit is 'n meerjarige dwergplant en sy bogrondse dele is met rowwe hare bedek. Die langwerpige blare (tot 10 x 2,5 cm) is diggepak. Die blomme is skouspelagtig. Tot vyftig van hulle is saamgepak in 'n bolvorm en hulle stink na aas. Vlieë kom hul eiers daarin lê omdat hulle dink dat dit rottende vleis is. Saam het ander insekte bestuif hulle die blomme. Hierdie bestuiwingsmetode is nie besonder effektief nie, maar die plant produseer groot aantalle saadjies.

Galery

Verwysings

Bronnelys Redlist Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Ceropegia Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe