Die Evangeliese Teologiese Fakulteit (Nederlands: Evangelische Theologische Faculteit; afgekort as ETF) is 'n privaat universiteit van teologie in Heverlee, Vlaandere, België. Die ETF bied vier graadprogramme aan: 'n Nederlandse Bachelor of Arts in teologie en godsdienstwetenskappe, 'n Engelse Master of Arts in teologie en godsdienstwetenskappe, 'n Nederlandse onderwysersgraadprogram, en 'n Engelse doktorale program.
Geskiedenis Die akademiese instelling het sy oorsprong gehad in die Bybel Instituut België. Die instituut is in 1919 in Brussel gestig as die "Institut Biblique de la Missie Belge Evangélique". In 1922 is die Nederlandssprekende departement begin: Bijbelinstituut België.
Bybel Instituut België Van 1965 het die instituut vinnig gegroei. Die groei het gekom deur die baie buitelandse studente wat daar gaan studeer het om die drieledige onderwys wat aangebied is. Daarom het die Belgiese regering die onderwysprogram in 1971 erken, waarna die instituut in 1975 na 'n voormalig Jesuïeteklooster in Heverlee, Leuven, België, verhuis het.
Stigting van die Universiteit Die Evangelische Theologische Faculteit is in 1981 gestig as 'n akademiese program van die Bybel Instituut.
Verwysings
Eksterne skakels Evangelische Theologische Faculteit Leuven
Kategorie:Belgiese universiteite Kategorie:Leuven