Wiktor Feliksowitsj Wekselberg (Russies: Виктор Феликсович Вексельберг, Oekraïens: Віктор Феліксович Вексельберг; geb. 14 April 1957) is ’n Russiese sakeman wat in Oekraïne gebore is. Hy is die eienaar en voorsitter van die Renowa-groep, ’n groot Russiese konglomeraat. Volgens Forbes word sy fortuin op $13,6 miljard geraam, wat hom die vierde rykste persoon in Rusland maak (soos op 4 Augustus 2015).Forbes: The World's Billionaires - Viktor Vekselberg Maart 2013
Wekselberg is na aan die Moskouse KremlinViktor Vekselberg: Tracking Down Russia's secret billionaire 3 Augustus 2013 deeur Stephen Smith, EsquireVekselberg denies Kremlin influence deur Matthew Allen in Thun vir Swissinfo, 27 Mei 2008 en lei projekte om die Russiese ekonomie te moderniseer.Russian 'Silicon Valley' to be self-sufficient in 5-7 years - Vekselberg 19:44 23/03/2010, RIA Nowosti
Vroeë lewe en opvoeding Wekselberg is in 1957 in Drohobitsj in die Oekraïense SSR gebore as die seun van ’n Oekraïens-Joodse pa en ’n Russiese ma.Der Spiegel: "Im Westen wartet keiner auf mich" deur Walter von Mayr en Gerhard Spörl 6 Maart 2006 The Guardian: "The richer they come ...Can Russia's oligarchs keep their billions - and their freedom?" deur Luke Harding 1 Julie 2007 In 1979 het hy sy studies voltooi aan die Moskouse Vervoeringenieursinstituut.Norris, Stephen M. "Blockbuster History in the New Russia: Movies, Memory, and Patriotism" Daarna het hy as ingenieur en navorsingsbestuurder by ’n pompvervaardiger in staatsbesit gewerk. 292px|duimnael|Wekselberg doen ’n voorlegging by die Skolkowo-instituut van Wetenskap en Tegnologie.
Loopbaan In 1988, nadat die Gorbatsjof-administrasie sy beperkings op besighede verslap het as deel van perestroika en glasnost, het hy KomWek, ’n organisasie sonder winsbejag, gestig wat werk vir die Irkoetsk-aluminiumfabriek gedoen het. In 1990 was hy medestigter van die Renowa-groep saam met ’n kollegeklasmaat, Leonard Blawatnik.Russia profile: "VEKSELBERG, Victor Feliksovich" URL besoek op 25 Augustus 2013 KomWek het 67% van Renova besit en Blawatnik se maatskappy Access Industries die res. Wekselberg het finansiële voordeel getrek uit die privatisering van die aluminiumbedryf in 1993 in Rusland onder die Jeltsin-administrasie. In 1996 het hy die Siberies-Oeralse Aluminiummaatskappy (Soeal) gestig deur middel van ’n samesmelting van die Oeralse en die Irkoetsk-aluminiumfabriek. (Soeal sou later opgeneem word in Roesal, die grootste aluminiummaatskappy in die wêreld.) Met wins wat hy gemaak het uit die aluminiumbedryf het ’n minderheidaandeel gekoop in Tjoemen-olie (TNK), een van Rusland se grootste olie-en-gasmaatskappye."With $7.5 billion in his pocket, Viktor Vekselberg to increase his shareholdings in Switzerland" deur Stanley Green, Jewish Business News, 9 April 2013Yenikeyeff, Shamil, "BP, Russian billionaires, and the Kremlin: a Power Triangle that never was", Oxford Energy Comment, 23 November 2011. URL besoek op 2011-11-24. In 1997 het hy ’n beherende aandeel gekoop in Tjoemen en is hy op die direksie aangestel; in 1998 het hy voorsitter van die direksie geword. Later het hy daardie en ander bates onder die Renowa-groep verenig en bestuursverantwoordelikhede aan bestuurders gedelegeer.
In 2003 het Renowa, Access Industries van Blawatnik en die Alfa-groep (wat deur Michail Fridman, German Khan en Aleksei Koezmitjof besit is) ’n strategiese vennootskap aangekondig om hul oliebates gesamentlik in Oekraïne en Rusland te hou, en daarvoor het hulle die AAR-konsortium gestig. In dieselfde jaar het AAR met British Petroleum se Russiese oliebates saamgesmelt in ’n 50-50-onderneming met die naam TNK-BP; dit was die grootste privaat transaksie in Rusland se geskiedenis.The Daily Telegraph: "BP in Russia: a timeline" 22 Oktober 2012 As voorsitter van die uitvoerende raad van TNK het Wekselberg ’n sleutelrol gespeel in die beklinking van die transaksie.
Wekselberg is tans besig met ’n groot herstrukturering van sy bates: die verdeling van eiendom saam met sy vennoot Blawatnik, die samesmelting van Renowa se aluminiumbates met dié van Oleg Deripaska en die integrasie van verskeie elektrisiteits- en telekommunikasiebeleggings.
Kunsversameling In Februarie 2004 het Wekselberg nege Fabergé-eiers van die Forbes-familie in New York gekoop.Forbes, 4 Februarie 2004: Russian Tycoon Buys Forbes Faberge Eggs Hy is die persoon wat die meeste Fabergé-eiers in die wêreld besit – altesaam 15 (nege keiserlike eiers, twee Kelch-eiers en vier ander). In ’n dokumentêr van 2013 het Wekselberg onthul hy het net meer as $100 miljoen vir die nege keiserlike eiers betaal. "The World's Most Beautiful Eggs: The Genius of Carl Faberge" BBC FOUR Hy het beweer hy het nooit die eiers in sy huis uitgestal nie, maar hulle gekoop omdat hulle belangrik vir die Russiese geskiedenis en kultuur is. Hy het ook planne bekend gemaak om ’n museum te open om die eiers in sy versameling uit te stal. Die uiteinde was die Fabergé-museum in Sint Petersburg, wat op 19 November 2013 amptelik geopen is.
Wekselberg het ook in 2005 altesaam £1,7 miljoen op ’n veiling van Christie's betaal vir Odalisque, ’n naakstudie wat na bewering die werk is van die Russiese kunstenaar Boris Koestodijef. Kort daarna het deskundiges begin twyfel aan die egtheid van die skildery. Hulle het beweer Koestodijef se handtekening wat van 1919 dateer, is in ’n verfstof met ’n aluminiumbasis aangebring wat eers ná die kunstenaar se dood beskikbaar was. Wekselberg het Christie's gedagvaar en die regter het in Julie 2012 beslis hy was geregtig daarop om sy geld terug te kry; Christie's moes boonop die regskoste van sowat £1 miljoen betaal.
Verwysings
Eksterne skakels Forbes: Wiktor Wekselberg Renowa "Made in Russia": Wiktor Wekselberg 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Oekraïense Jode Kategorie:Russiese Jode Kategorie:Entrepreneurs Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Lewende mense