Die berggrasveld, boomveld en woud van die Drakensberge is 'n WWF-ekostreek in Suid-Afrika en Lesotho.
Die gebied bestaan veral uit grasveld en is tussen 1 800 en 2 500 m hoogte geleë. Naas grasveld is daar plek-plek ook naaldwoud of ruigte. Hoër dele van die gebergte behoort tot 'n eie ekostreek, die hooggebergte van die Drakensberge (AT1003). Grasspesies wat hier volop groei is byvoorbeeld Monocymbium ceresiiforme, Diheteropogon filifolius, Sporobolus centrifugus, Harpochloa falx, Rendlia altera, Cymbopogon dieterlenii en Eulalia villosa. Die wolkesuikerbos is 'n gelokaliseerde endemiese spesie van hierdie ekostreek.
Sien ook Hluhluwe-iMfolozipark
Galery
Verwysings
Kategorie:Ekostreke van Lesotho Kategorie:Ekostreke van Suid-Afrika Kategorie:Ekostreke van Eswatini