Willem Frederik Hendrik Huyzers (1904–1978) was ’n predikant in die Nederduitsch Hervormde Kerk en skrywer van godsdienstige werke en dramas. Die digter N.P. van Wyk Louw is sy swaer.

Lewe en werk Willem Frederik Hendrik Huyzers is op 30 April 1904 gebore. Hy bekwaam homself as predikant in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en word georden op 14 November 1931. Hy is getroud met Sophia Maria Pohl, die suster van Anna Neethling-Pohl en Truida Pohl, laasgenoemde die vrou van N.P. van Wyk Louw, wat dus sy swaer is.

Hy bedien onder andere die gemeentes van Krugersdorp, Brixton en Duiwelskloof en word ook verkies tot die Kuratorium vir Teologiese Opleiding van die kerk, waar hy van 1956 tot 1957 as voorsitter dien.

Na aftrede vestig hy hom op ’n plasie in in die Oos-Transvaal. Op 11 Mei 1978 is hy oorlede.

Skryfwerk Hy skryf die Kersspel Ster uit die Ooste. Ver bo korale is ’n boek met dagboekstukke, wat hy saam met ander skryf, en Paradys of oerwoud is ’n bundel met preke.

Publikasies  Werke uit sy pen sluit in: Paradys of oerwoud, 1958 Ver bo korale (saam met J.P. Oberholzer), 1961 Ster uit die Ooste, 1965

Verwysings

Tydskrifte en koerante HTS Teologiese Studies. Vol 66 No.3 2010 Supplementum 9 “Honderd Jaar Kerk en Teologiese Opleiding: ’n Kroniek van die Hervormde Kerk.

Ander verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1904 Kategorie:Sterftes in 1978