Die borselgrasook: Kleinrolblaar, Kleinrolblaargras, Mahemskuif, Mahemskuifgras (Microchloa altera (Rendle) Chiov.) is 'n grasspesie wat inheems aan Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe is. In Suid-Afrika is die spesie inheems in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Oos-Kaap en die Vrystaat en kom volop in die berggrasland van die Drakensberge voor.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:408451-1 Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys.
Dit is 'n meerjarige grasspesie wat groot matte kan vorm. In die suide van die Demokratiese Republiek van die Kongo, waar reeds sedert die 14de eeu koper gemyn word, word hierdie gras op grond aangetref wat aansienlik met metale besoedel is. P.A. Duvigneaud het selfs die spesie as 'n koperliewende spesie Rendlia cupricola beskryf. Sandgronde aan die oewer van 'n rivier wat deur die Likasi-myn besoedel word het hoë koper- (1,1%) en kobaltgehaltes (0,13%). Hier is R. altera die enigste plant wat die grond koloniseer.Early stages of natural revegetation of metalliferous mine workings in South Central Africa: a preliminary survey Biotechnol. Agron. Soc. Environ. 1999,3(1), 28–41
Verwysings
Kategorie:Grasse Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe