duimnael|links|'n Betoging vir die onafhanklikheid van Szeklerland, Februarie 2015 in Boedapest.
Die Szeklers (Hongaars: Székely; Roemeens: Secui, vroeëre spelling Săcui) is ’n Hongaarse etniese groep wat veral in Szeklerland (Székelyföld), aan die oosgrens van Transsilvanië in die huidige Roemenië, woon. Histories beskou is die Szeklers die grensbewakers van die Koninkryk van Hongarye.
Die Szeklers was in die Middeleeue naas die Hongaarse adellikes en die Transsilvaniese Saksers een van die drie bevoorregte volke van Transsilvanië. Szeklerland is teenswoordig in Roemenië.
Die meeste Szeklers voel hulle is eerstens Hongare en tweedens Szeklers. In die sensus van 2002 het net 150 mense hul volksgroep as "Szeklers" aangedui. Feitlik almal het eerder "Hongaars" gekies.
Die Szeklers word verteenwoordig deur die Nasionale Szeklerraad.
Verwysings
Bron Ioan Aurel Pop, The Ethno-Confessional Structure of Medieval Transylvania and Hungary. Cluj Napoca, 1994 (bulletin van die Sentrum vir Transsilvaniese Studies, vol. III, nr. 4, Julie 1994) 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Europa Kategorie:Roemene