200px|duimnael|Die Keiserlike Kroningseier, die beroemdste van al die Fabergé-eiers. duimnael|200px|Die Moskouse Kremlin-eier, 1906.
’n Fabergé-eier (Russies: яйцо Фаберже; jaitso Faberzje) is een van ’n beperkte getal juweliersware in die vorm van ’n eier wat tussen 1885 en 1917 deur Peter Carl Fabergé en sy maatskappy vervaardig is.Faberge Egg, In Classic Style, History, Easter Egg, James Bond | In Classic Style Die beroemdstes is dié wat vir die Russiese tsaars Aleksander III en Nikolaas II gemaak is as Paasgeskenke vir hul vroue en ma's; dit word dikwels die "keiserlike" Fabergé-eiers genoem. Die Huis van Fabergé het meer as 50 keiserlike eiers gemaak, waarvan 43 bewaar gebly het.The Fabergé Imperial Easter Eggs,by Fabergé, Skurlov, Proler, Londen, 1997, bl. 90. Nog twee is vir Paasfees van 1918 beplan, maar het nooit hul bestemming bereik nie weens die Russiese Rewolusie.
Ná die rewolusie het die Fabergé-familie Rusland verlaat. Die handelsmerk is sedertdien verskeie kere verkoop en verskeie maatskappye het eierverwante produkte onder die Fabergé-naam vervaardig. Van 1998 tot 2009 het die Victor Mayer-juweliersmaatskappy ’n beperkte getal Fabergé-eiers van erfstukgehalte vervaardig onder Unilever se lisensie. Die handelsmerk behoort nou aan Fabergé Beperk, wat juweliersware met ’n eiertema maak.
Geskiedenis Die eerste Fabergé-eier is gemaak vir tsaar Aleksander III, wat in 1885 besluit het om vir sy vrou, keiserin Maria Fjodorowna, ’n Paaseier te gee, moontlik om die 20ste herdenking van hul troudag te vier. Dié eier, bekend as die Heneier, was van goud gemaak. Sy ondeursigtige, wit emalje-"dop" kan oopgemaak word en binne-in is sy eerste verrassing, ’n mat geelgoud-eiergeel. Dit kan oopgemaak word om ’n veelkleurige goue hen te ontbloot wat ook oopgemaak kan word. Binne-in die hen is ’n piepklein diamantweergawe van die keiserlike kroon met ’n klein robynhangertjie, maar hierdie laaste twee dele het verlore geraak.
Keiserin Maria was so verheug oor die geskenk dat Aleksander Fabergé aangestel het as hofleweransier en hom opdrag gegee het om die volgende jaar weer ’n eier te maak. Daarna kon Fabergé blykbaar self oor die ontwerp van toekomstige Paaseiers besluit, en hul ontwerp het al hoe uitspattiger geraak. Volgens vertellings van die Fabergé-familie het nie eens die tsaar geweet hoe hulle sou lyk nie – die enigste vereiste was dat elkeen ’n verrassing bevat. Sodra Fabergé ’n aanvanklike ontwerp goedgekeur het, het ’n groep vakmanne die werk gedoen.
Ná Aleksander III se dood op 1 November 1894 het sy seun, Nikolaas II, vir sy vrou, keiserin Aleksandra, en sy ma, keiserin Maria, elk ’n Fabergé-eier gegee. Eiers is elke jaar gemaak, buiten in 1904 en 1905 tydens die Russies-Japannese Oorlog.
Die keiserlike eiers het beroemd geword en Fabergé is gevra om soortgelyke eiers vir privaat klante te maak, onder andere die Rothschild- en die Joesoepof-familie.
Lys van keiserlike eiers Hier volg ’n lys van die eiers wat vir die keiserlike familie gemaak is. Van die datums het intussen verander; volgens ’n vroeëre lys is die Blou Slangklokeier in 1887 gemaak en die eier van 1895 is geïdentifiseer as die Twaalfmonogramme-eier. Die ontdekking van die voorheen verlore Derde Keiserlike Eier bevestig die chronologie van die lys hier onder.
Datum Eier Foto Beskrywing Eienaar 1885 Hen 125px Ook bekend as die Juweelheneier; dit was die eerste van die reeks eiers wat onder Peter Carl Fabergé se toesig vir die keiserlike familie gemaak is. Dit is in 1885 aan tsaar Aleksander III oorhandig om vir sy vrou present te gee. Wiktor Wekselberg 1886 Hen met Saffierhangertjie Ook bekend as die Hen met Eier in Mandjie; dit is in 1886 vir Aleksander III gemaak. Verlore 1887 Derde Keiserlike Eier 125px ’n Eier van geelgoud met Vacheron & Constantin-klokstaanders op ’n driepootstaander. In 2014 is dit deur die Londense juwelier Wartski gekoop namens ’n privaat versamelaar. Privaat versameling 1888 Gerub met Koets 125px Ook bekend as die Engel met Eier in Koets, gemaak vir Aleksander III. Min besonderhede is daaroor bekend. Verlore 1889 Nécessaire'' Vir Aleksander II gemaak. Verlore 1890 Deense Paleise 125px Vir Aleksander III. Matilda Geddings Gray-stigting en ten toon gestel in die Metropolitan Museum of Art in New York, waarskynlik tot in 2016 1891 Herinnering aan Azof 125px Kremlin-wapensaal, Moskou 1892 Diamanttraliewerk 125px Dorothy en Artie McFerrin-versameling 1893 Kaukasus 125px Matilda Geddings Gray-stigting. Uitgestal in die Metropolitan Museum of Art in New York 1894 Renaissance 125px Wiktor Wekselberg 1895 Roosknop 125px Wiktor Wekselberg 1895 Blou Slangklok Voor Maart 2014 verkeerdelik beskou as die derde keiserlike eier. Albert II van Monaco-versameling, Monte Carlo, Monaco 1896 Bergkristal Virginiese Museum van Beeldende Kunste 1896 Twaalf Monogramme 125px Ook bekend as die Aleksander III-portreteier. Die Hillwood-museum het die eier, wat voorheen as die 1895-eier beskou is, geïdentifiseer as die Aleksander III-portreteier van 1896; die verrassing het verlore gegaan. Hillwood-museum, Washington, D.C. 1897 Keiserlike Kroning 125px Wiktor Wekselberg 1897 Mauve Net die eier se verrassing het bewaar gebly. VerloreWiktor Wekselberg 1898 Dallelies 125px Die eier is een van twee in die Art Nouveau-styl. Dit was vir Nikolaas II, wat dit as geskenk vir keiserin Aleksandra gegee het. Wiktor Wekselberg 1898 Pelikaan 125px Virginiese Museum van Beeldende Kunste, Virginië, VSA 1899 Lelieruikerklok 125px Kremlin-wapensaal, Moskou 1899 Gesiggie Privaat versameling 1900 Transsiberiese Spoorlyn 125px Kremlin-wapensaal, Moskou 1900 Haantjie Wiktor Wekselberg 1901 Mandjie Wildeblomme Royal Collection, Londen 1901 Gatsjina-paleis 125px Walters-kunsmuseum, Baltimore, Maryland, VSA 1902 Klawerblaar 125px Kremlin-wapensaal, Moskou 1902 Nefriet in die Keiserstyl Privaat versameling, New York 1903 Pieter die Grote 125px Virginiese Museum van Beeldende Kunste, Richmond, Virginië 1903 Koninklike Deens 125px Verlore 1904 Geen eiers gemaak nie 1905 Geen eiers gemaak nie 1906 Moskouse Kremlin 125px Kremlin-wapensaal, Moskou 1906 Swaan 125px Edouard en Maurice Sandoz-stigting, Switserland 1907 Roostraliewerk 125px Walters-kunsmuseum, Baltimore, Maryland 1907 Liefdestrofeë Privaat versameling 1908 Aleksander-paleis 125px Kremlin-wapensaal, Moskou 1908 Pou 125px Edouard en Maurice Sandoz-stigting, Switserland 1909 Standart-jag 125px Kremlin-wapensaal, Moskou 1909 Aleksander III-herdenking 125px Verlore 1910 Kolonnade Royal Collection, Londen 1910 Aleksander III-perderuiter 125px Kremlin-wapensaal, Moskou 1911 Vyftiende Herdenking 125px Wiktor Wekselberg 1911 Lourierboom 125px Ook bekend as die Lemoenboomeier. Wiktor Wekselberg 1912 Tsarjewitsj 125px Virginiese Museum van Beeldende Kunste, Richmond, Virginië 1912 Napoleon 125px Matilda Geddings Gray-stigting; uitgestal in die Metropolitan Museum of Art, New York 1913 Romanofs se Driehonderd Jaar 125px Kremlin-wapensaal, Moskou 1913 Winter Die staat Katar 1914 Mosaïek Royal Collection, Londen 1914 Grisaille 125px Ook bekend as die Katharina die Grote-eier. Nikolaas II se geskenk aan sy ma; die eier se verrassing (nou verlore) was ’n stoel waarop Katharina die Grote sit en deur twee mans gedra word.Hillwood Estate, Museum & Gardens - The Catherine the Great Egg Hillwood-museum, Washington, D.C. 1915 Rooi Kruis met Triptiek Cleveland-kunsmuseum, Cleveland, Ohio, VSA 1915 Rooi Kruis met Keiserlike Portrette 125px Virginiese Museum van Beeldende Kunste, Richmond, Virginië 1916 Staal-militêr 125px Kremlin-wapensaal, Moskou 1916 Orde van Sint Joris 125px Tydens die Eerste Wêreldoorlog gemaak; dit gedenk die Orde van Sint Joris wat aan Nikolaas II en sy seun, groothertog Aleksei, toegeken is.Faberge - Treasures of Imperial Russia Dit het nes die Staal-militêre Eier ’n eenvoudige ontwerp gehad vanweë die oorlog. Die eier is saam met die ontvanger, keiserin Maria, uit Rusland. Wiktor Wekselberg 1917 Kareliese Berkeboom Is in 1917 gemaak en was veronderstel om met Paasfees daardie jaar aan die tsaar oorhandig te word as ’n geskenk aan sy ma. Voor die eier afgelewer kon word, het die Februarie-rewolusie uitgebreek en Nikolaas II is op 15 Maart gedwing om te abdikeer. Op 25 April het Fabergé vir die tsaar ’n rekening gestuur gerig aan "Mnr. Romanof, Nikolai Aleksandrowitsj" in plaas van "Tsaar van die hele Rusland". Nikolaas het die rekening betaal en die eier aan sy broer, groothertog Michail, gestuur om aan die keiserin te oorhandig. Die groothertog het egter gevlug voordat hy die eier ontvang het. Dit het in die paleis gebly totdat dit tydens die Oktober-rewolusie van daardie jaar gebuit is. Aleksander Iwanof; uitgestal in sy Fabergé-museum in Baden-Baden, Duitsland 1917 Sterrebeeld (onvoltooid) 125px Weens die rewolusie is die eier nooit aan die tsaar oorhandig om aan die tasrina as geskenk te gee nie. Twee eiers kan die Sterrebeeldeier wees: die een is in die Fersman-mineralogiemuseum in Moskou en die ander in die besit van Aleksander Iwanof en uitgestal in sy Fabergé-museum in Baden-Baden. Fersman-mineralogiemuseum in Moskou Aleksander Iwanof
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels Chronologie van keiserlike Fabergé-eiers by Fabergé Research, deur Christel Ludewig McCanless "Empress Marie Feodorovna's Missing Fabergé Easter Eggs", artikel deur Annemiek Wintraecken en Christel Ludewing McCanless Besonderhede oor elk van die Fabergé-eiers
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Beeldende kuns Kategorie:Geskiedenis van Rusland Kategorie:Juweliersware Kategorie:Kuns van Rusland