Restio's is 'n groep monokotiele plante wat tot die familie Restionaceae behoort. Die genus Restio behoort daartoe, maar die naam word ook vir ander genera aangewend.
Restio's is rietagtige plante wat kenmerkend aan die Kaapse floraryk se fynbos is. In die ander deel van dié floraryk, die renosterveld, is hulle nie aanwesig nie.
Restio's is tweehuisige plante. Party van hulle word vir besems of vir grasdakke gebruik. Die meeste restio's kom uit die Kaap, maar daar is ook Australiese spesies, soos van die genus Baloskion en party groei in Nieu-Seeland. Restio's word nou in tuine oor die hele wêreld gekweek. Hul blare is gereduseer tot skedes en die stingels (halms) is groen en het die fotosintese oorgeneem. Daar is 330 restio-spesies in Afrika, 150 in Australië, 4 in Nieu-Seeland, 1 in Suid-Amerika en 1 in Suidoos-Asië.
Genera Die volgende genera is deel van die familie:
Alexgeorgea Carlquist Anarthria R.Br. Anthochortus Nees ex Endl. Aphelia R.Br. Apodasmia B.G.Briggs & L.A.S.Johnson Askidiosperma Steud. Baloskion Raf. Calorophus Labill. Cannomois P.Beauv. ex Desv. Catacolea B.G.Briggs & L.A.S.Johnson Centrolepis Labill. Ceratocaryum Nees Chaetanthus R.Br. Chordifex B.G.Briggs & L.A.S.Johnson Coleocarya S.T.Blake Cytogonidium B.G.Briggs & L.A.S.Johnson Dapsilanthus B.G.Briggs & L.A.S.Johnson Desmocladus Nees Dielsia Gilg Elegia L. Empodisma L.A.S.Johnson & D.F.Cutler Eurychorda B.G.Briggs & L.A.S.Johnson Gaimardia Gaudich. Hopkinsia W.Fitzg. Hydrophilus H.P.Linder Hypodiscus Nees Hypolaena R.Br. Lepidobolus Nees Leptocarpus R.Br. Lepyrodia R.Br. Loxocarya R.Br. Lyginia R.Br. Mastersiella Gilg-Ben. Melanostachya B.G.Briggs & L.A.S.Johnson Nevillea Esterh. & H.P.Linder Platycaulos H.P.Linder Platychorda B.G.Briggs & L.A.S.Johnson Restio Rottb. Rhodocoma Nees Soroveta H.P.Linder & C.R.Hardy Sporadanthus F.Muell. ex Buchanan Staberoha Kunth Taraxis B.G.Briggs & L.A.S.Johnson Thamnochortus P.J.Bergius Tremulina B.G.Briggs & L.A.S.Johnson Tyrbastes B.G.Briggs & L.A.S.Johnson Willdenowia Thunb. Winifredia L.A.S.Johnson & B.G.Briggs
Kyk ook Fonteinriet Vlakteriet
Verwysings
Kategorie:Restionaceae