Hendrik Verloren van Themaat (Alkmaar, 27 Januarie 1874 − Stellenbosch, 22 Oktober 1966) was ’n Nederlandse regsgeleerde, wat professor word aan die Regsfakulteit van die Universiteit van Stellenbosch en ’n Afrikaans-Nederlandse digbundel onder die skuilnaam Mein van Hessen publiseer.
Lewe en werk Hendrik Verloren van Themaat was op 27 Januarie 1874 in Hoorn in Noord-Holland in Nederland uit die adelstand gebore. Sy ouers is Joan Philip Verloren van Themaat en Hester Geertruid KronenbergGenealogie Online-webwerf: https://www.genealogieonline.nl/stamboom-trip/I1240.php Hy studeer regte in Nederland, waar hy in 1897 sy doktorsgraad in die regte behaal aan die Universiteit van Leiden Tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog kom hy aan die kant van die Boere veg, waarna hy na Nederland terugkeer. Sy herinneringe oor die oorlog word later gepubliseer. Tussen 1904 en 1910 is hy die burgemeester van Baflo in Groningen en in 1910 tot 1920 word hy burgemeester van Velsen in Noord-Holland. In hierdie hoedanigheid is hy belas met die hongersnood en rantsoenering tydens die Eerste Wêreldoorlog, ’n oorlog waartydens Nederland neutraal gebly het. Hy verwerf ’n tweede doktorsgraad in die regte met studies van grondeienaarskap in die Verenigde State van Amerika. Vanaf Januarie 1922 word hy aangestel as buitengewone dosent aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy Staatsreg, Volkereg en Regsleer doseer, aanvanklik teen geen vergoeding en later teen ’n baie beskeie vergoeding.A.H. van Wyk se artikel in Consultus van April 1989, bladsy 43: http://www.sabar.co.za/law-journals/1989/april/1989-april-vol002-no1-pp42-46.pdf Later word hy bevorder tot professor en hy tree af in 1955. Op 7 April 1904 is hy te ‘s-Gravenhage getroud met Antonia Catharina Laman Trip (1879–1970 Uit hierdie huwelik word drie kinders gebore, Jan Philip (1913–1966), Reep (1914–1996) en Cornelia Mathilda (1916–2003). Hy is op 22 Oktober 1966 op Stellenbosch oorlede.
Skryfwerk Hy publiseer sy digbundel Anoniem “Die Vaderland” 2 April 1949“In my eensame hof” Opperman, D.J. “Verspreide opstelle” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 1977onder die skrywersnaam Mein van Hessen. Die bundel bestaan uit beide Afrikaanse en Nederlandse gedigte, maar beïndruk nie as poësie nie. Sy herinneringe aan die Anglo-Boereoorlog word kort na afloop van die oorlog as “Twee jaren in den Boereoorlog” gepubliseer. “Een studie over het grondbezit in de Vereenigde Staten van Noord-Amerika” is ’n gedrukte weergawe van sy doktorale proefskrif.
Publikasies JaarPublikasies1903Twee jaren in den Boereoorlog1912Een studie over het grondbezit in de Vereenigde Staten van Noord-Amerika1949
Bronnelys
Boeke Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 Kannemeyer, J.C. “Leroux: ’n Lewe” Protea Boekhuis Pretoria Eerste uitgawe Eerste druk 2008
Tydskrifte en koerante Van Wyk, A.H. “Die Stellenbosse Regsfakulteit” “Consultus” April 1989
Internet Genealogie Online: https://www.genealogieonline.nl/stamboom-trip/I1240.php Geni: https://www.geni.com/people/Prof-Dr-Hendrik/6000000021148471181
Verwysings
Kategorie:Nederlandse burgemeesters Kategorie:Nederlandse digters Kategorie:Nederlandse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Nederland Kategorie:Suid-Afrikaanse regsgeleerdes Kategorie:Afrikaanse digters Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1874 Kategorie:Sterftes in 1966