Die doringbroodboom (Encephalartos horridus (Jacq.) Lehm.) is 'n broodboomspesie wat endemies is aan Suid-Afrika. Op die SANBI-rooilys is dit as bedreigde spesie (EN) gelys. Dit kom net in die Albanie-ruigte in die Oos-Kaap rondom Gqeberha en Uitenhage voor op klipperige kwartsdagsome. Die plant het reeds meer as 50% van sy oorspronklike voorkomsgebied verloor.http://pza.sanbi.org/encephalartos-horridus

Die plant kan in dwergvorm voorkom of in sy normale vorm. Dis 'n klein broodboom van 80 cm hoog en 30 cm in deursnee. Die plant het 'n ongewone blouerige kleur en die blare het opvallende stekels. Die plant kry net een keël per jaar. Die manlike kegels is blouer as die vroulikes. Die plant is gewild in tuine, en is nou by kwekerye beskikbaar, sodat verdere druk nie op die veldbevolking uitgeoefen word nie. Die boom se FSA-nommer is 14.15.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Tuinplante