Maputalandraasblaar (Combretum mkuzense J.D.Carr & Retief) is 'n bladwisselende struik of klein boom wat inheems is aan die oostelike kusvlakte van Suider-Afrika. Op die oog af kom dit baie met die Raasblaar ooreen.
Die verspreidingsgebied strek van die oostelike Lebombo-voetheuwels tot in die kuswoud van Maputaland, en dit is ook teenwoordig in aanliggende Mosambiek. Dit word daar byvoorbeeld in die Licuáti-reservaat aangetref.
Die voorkomsgebied binne Suid-Afrika is 6 700 km² waar dit van 12 lokaliteite bekend is. Dit word aangetref in geslote boomveld en in sandwoud. Op die SANBI-rooilys word dit as byna bedreig (NT) gelys, weens ontbossing vir landbou en die insameling van brandhout.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:937405-1
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Kategorie:Combretum Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika