duimnael|regs|320px|Die nuwe skoolgebou is in 1907 opgerig nadat die oue in 'n brand in puin gelê is. Dit het later die Hoër Meisieskool Hugenote en toe die Hugenote Hoërskool gehuisves, en eindelik die Hugenote-kollege.
Die Hugenote-seminarie was ’n opvoedkundige instelling op Wellington. Dit het op 19 Januarie 1874 amptelik geopen en deur die toedoen van die plaaslike NG predikant ds. Andrew Murray ontstaan. Daar was aanvanklik plek vir 40 kosgangers en die instelling was heeltemal Engels georiënteerd.
Uit die Seminarie het die meisieskool ontstaan wat in 1954 met die Wellingtonse jongenskool as die Hugenote Hoërskool saamgesmelt het. Die Kaapkolonie se onderwysdepartement het die opleiding van onderwyseresse in 1896 oorgeneem. Dié Normaalskool was die voorloper van die Wellingtonse Onderwyskollege (WOK) wat in 1990 met die Paarlse Onderwyskollege (POK) as die Bolandse Onderwyskollege (BOK) saamgesmelt het en wat eindelik die Wellingtonse fakulteit opvoedkunde van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) geword het waar onderwysers in Afrikaans opgelei word. Die Vrouesendingbond van die Kaapse Kerk was ’n voortvloeisel van die Hugenoten Zending Vereeniging aan die Seminarie, waar oorspronklik ook sendingwerksters opgelei is. Binne enkele jare ná die ontstaan van die Seminarie het ander skole op die model daarvan ontstaan, waarvan aan die hoof meer as een van die Hugenote-dogters gestaan het: die Bloemhof-seminarie op Stellenbosch, die Midland Seminarium op Graaff-Reinet, die Damesseminarie op Worcester (later saamgesmelt met die jongenskool as die Worcester Gimnasium), die Eunice Damesinstituut, die Paarlse Meisieskool, wat as ’n tak van die Seminarie begin en later Hoër Meisieskool La Rochelle geword het en die Bellevue Seminarium op Somerset-Oos, wat in 1965 by die indertydse seunskool Gill-kollege ingelyf is.
Aanloop tot stigting duimnael|regs|400px|Die Seminarie in 1884: Die laer afdeling (White House) is links en die hoër afdeling (Murray Hall) regs.
220px|links|duimnael|Ds. Andrew Murray, die vader van die Seminarie en 'n troue ondersteuner daarvan tot sy dood in 1917.
Ds. Andrew Murray is op 21 September 1871 bevestig in die NG gemeente Wellington, sy vierde werkkring, waar hy tot sy aftrede in 1906 sy grootste lewenswerk sou verrig. In Desember 1872, toe hy op Kalkbaai met vakansie was, het 'n vriendin, mej. Catherine Elliott, die familie besoek en ds. Murray vertel van 'n skool wat sy in die Verenigde State van Amerika besoek het, Mount Holyoke, en sy het hom 'n boek gegee oor die lewe en werk van die stigster, Mary Lyon (1797–1849). Ds. Murray is diep getref deur hierdie verhaal van die aard en omvang van die werk daar gedoen, want Mary Lyon het te kampe gehad met dieselfde soort probleme as dié waarmee Suid-Afrika te doen gehad het. Dit het op hom 'n blywende indruk gemaak, veral omdat hy al lank die gebrek aan opvoeding vir meisies in hierdie land gevoel het en na 'n oplossing gesoek het. Ds. Murray het self gesê dat wat hom daartoe gelei het om Mount Holyoke in Massachusetts te kies as model, was die stelsel wat Mary Lyon ontwikkel het, 'n stelsel wat nie alleen 'n intellektuele opleiding beoog het nie, maar ook 'n eg sedelik en godsdienstige karakter wou ontwikkel en daarby klem op huishoudelike werk gelê het.
Ds. Murray het aan die prinsipale van Mount Holyoke geskryf (waarskynlik Sarah Ann Dickey) om 'n onderwyseres, en tegelykertyd probeer om sy gemeente se belangstelling vir die saak op te wek. Ds. Murray het inligting oor die hele saak verskaf in 'n sirkulêre, waarin hy ook vertel het van die gedagte uitgespreek op die Sendingkonferensie te Wellington in 1872, om naamlik 'n gedenkteken op te rig ter ere van die Franse Hugenote wat ter wille van hul geloof uit Frankryk gevlug het, en van wie sommige 'n tuisplek in Suid-Afrika gevind het. Waar sou 'n beter gedenkteken gevind kon word as 'n skool wat ten doel sou hê die diens van die Here? Hy was daarvan oortuig dat so 'n inrigting hartlik gesteun sou word deur die afstammelinge van die Franse martelaars vir die geloof en deur diegene wat die Here en ook die kinders van die land liefhet.
Deur middel van De Kerkbode, waarin hy ’n beskrywing van Mary Lyon se lewe en werk gegee het, het hy die steun van die Kerk gevra. Uit die antwoord van Mount Holyoke het dit geblyk dat twee onderwyseresse gestuur sou word, want so 'n belangrike onderneming sou meer as net een onderwyseres vereis. Die Wellingtonse gemeente wat uitgenooi is na 'n vergadering wat in die kerk gehou is op 25 Junie 1873, het hul predikant hartlik in die saak gesteun. Op die vergadering self is £500 daarvoor beloof, en enige dae later het die bedrag toegeneem tot £800; binne vier maande het Wellington al £1 150 bygedra tot die onderneming.
In 'n tweede sirkulêre (Oktober 1873) het ds. Murray vertel van die soeke na 'n geskikte gebou, wat eindelik gevind is in die eiendom van August Schoch (wat saam met Wouter Groenewoud die leier was van die Wederdopers wat hulle omstreeks 1860 op Wellington gevestig het), voorheen die eiendom van dr. John Addey (’n Engelssprekende geneesheer wat tot die NG Kerk toegetree het), Smith, H.J. 1990. Die liefde van jou bruidstyd. Een-en-’n-half eeu in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerd gemeente Wellington: 1840–1940. Wellington: NG Kerkraad. en waarvoor £1 600 betaal is.
In Oktober 1873 het die Sinode van die Kaapse Kerk vergader en het baie van die lede ’n groot vergadering van vriende en ondersteuners op 25 Oktober bygewoon, toe die inrigting amptelik gestig is. Die moderator, ds. P.E. Faure, het die diens begin deur gebed en die lees van Psalm 115. Ds. Murray het die bogenoemde sirkulêre voorgelees en toe het die skare die terrein en die gebou besigtig, en verversings geniet. Toe hulle weer bymekaarkom, het prof. N.J. Hofmeyr van die Stellenbosse Kweekskool die inwydingsrede gehou, en bemoedigende woorde is ook gespreek deur di. Georg Stegmann van Glen Lynden, J.H.J. du Plessis van Cradock, Charles Murray van Graaff-Reinet (ds. Andrew Murray se jongste broer), George Morgan van die Skotse gemeente in Kaapstad, A.I. Steytler van Uitenhage, J.H. Hofmeyr van Somerset-Oos, dr. William Robertson van Kaapstad, ds. A.D. Lückhoff van Colesberg en C.M. Fraser van Philippolis. Ds. A.A. Louw van Murraysburg het met gebed gesluit.
Stigting en vooruitgang duimnael|links|300px|Dié advertensie vir die Kollege het in 1910 verskyn.
duimnael|regs|240px|Ds. Andrew Murray, die stigter van die Hugenote-seminarie, by die graduandi van 1912 en die twee prinsipale, drr. Ferguson en Bliss.
duimnael|links|300px|Die koshuis Huis Bliss op Wellington is na mej. Anna Bliss genoem en in 1904 opgerig volgens die plan van John Parker en met geld wat E.A. Goodnow geskenk het.
Op 15 November 1873 het die twee Amerikaanse dames mejj. A.P. Ferguson (1873–1919) en A.E. Bliss (1843–1925) in Suid-Afrika aangekom nadat op 20 September uit New York vertrek het. Werk aan die gebou het toe reeds fluks gevorder, meubels het aangekom en die dorpsdames het by die pastorie bymekaargekom om lakens en slope te maak.
Op Maandag 19 Januarie 1874 was 40 kosgangers daar, gereed om met hul werk te begin. In die namiddag het hulle in prosessie na die kerk gegaan en is die Hugenote-seminarie amptelik geopen. Van die 40 jong dames waarmee die skool begin het, het vier nog gelewe tydens die NG gemeente Wellington se eeufees in 1940, 66 jaar ná die opening van die Seminarie: mevv. J. Schoeman van George, Bernard le Roux (die moeder van die skrywer van die Wellingtonse gemeente se eeufees boek, mev. J.A.S. Oberholster), Anna Rose en Johanna Topper, wat aan die end van die eerste jaar as die eerste sendeling uit die skool gegaan het na Saulspoort.
In 1874 en weer in 1876 het ds. Murray kollektetoere deur die land in belang van die Hugenote-seminarium onderneem, waarvan die eerste met ’n opbrengs van £2 300 baie geslaagd was. Die toere van die platteland was ook bedoel om belangstelling in die instelling op te wek. Vanweë die groot belangstelling het die Seminarie 'n stortvloed aansoeke ontvang wat daartoe gelei het dat dit voor einde 1874 uitgebrei moes word. In 'n brief uit Fraserburg in die Bo-Karoo wat hy op sy eerste toer geskryf het, meld ds. Murray die ontluikende belangstelling in die onderwys en dat die lande ryp was vir die oes, maar dat daar 'n klaaglike tekort aan gekwalifiseerde onderwysers was. Hy het op meisies afgekom wat skaars kon lees, maar ywerig probeer het om hul jonger susters te leer. Die NG Kerk het na vore getree met 'n aanbod van beurse vir mense wat bereid was om drie jaar onderwys te gee. Ds. Georg Stegmann het spesiaal van Kaapstad af gekom om dié wat belanggestel het, te eksamineer. Briewe is in dié tyd aan Holyoke gestuur om nog drie onderwyseresse te versoek. So het die Seminarie uit die staanspoor 'n plek in Suid-Afrikaners se hart gevind wat hy enduit behou het. Dit was 'n baanbreker op die gebied van vroueopvoeding en veral om jong dames aan te spoor om die onderwys as beroep te kies.
In Julie 1875 is die tweede gebou ingewy en het drie bykomende onderwyseresse aangekom, onder andere mej. H. Spyker uit Holland, wat later 'n belangrike aandeel in die Vrouesendingbond sou neem. Mejj. Parker en Bliss het destyds al die onderwyseresse van oorsee laat kom, byvoorbeeld dié vir Hollands uit Nederland, die musiekonderwyseresse uit Duitsland en die Engelsonderwyseresse uit Skotland.
Die eerste 15 jaar lank het die leerlinge aan die Hugenote-seminarie 'n vyfjarige leerplan gevolg, ongeveer dieselfde as vir die publieke eksamens maar met 'n wyer bestek. Daar was egter, veral aan die begin, soveel aanvraag vir onderwyseresse (wat die Seminarie moes lewer) dat dit moeilik was om leerlinge te behou wat die kursus kon voltooi. In 1889 is die leerplan verander om leerlinge voor te berei op die publieke eksamens, en die werk het toe natuurlikerwys in drie afdelings geval: dié van die Hoërskool, van die Normaalskool en van die Kollege.
In 1896 is die Normaalskool afgeskei en 'n aparte Opleidingskool is opgerig onder James Harvie. In 1898 is die Kollege-afdeling formeel erken as die Hugenote-kollege en in 1918 as die Hugenote-universiteitskollege, een van die konstituerende kolleges van die Universiteit van Suid-Afrika.
Kritiek weens onderrigmedium Dis te begrype dat die Seminarie, in die onmiddellike nabyheid van die kwaaiste voorstanders van Hollands en Afrikaans (die Genootskap van Regte Afrikaners is byvoorbeeld in 1875 op die buurdorp Paarl gestig deur veral afstammelinge van die Franse Hugenote), spoedig kritiek sou ontlok. Kwaai aanvalle daarteen het verskyn in onder meer De Zuid-Afrikaan, waarin 'n briefskrywer byvoorbeeld geskryf het: "Wellington moet geangliseerd worden. Ziedaar het ontstaan van een Hugenoten School zonder Hugenotentaal of geest. Bestuurd door Amerikanen! Die gemeente moet geld geven om hare eigen taal te vertrappen." Spoedig is dan ook die wekroep gehoor: "Komt Broeders! Laat ons de handen ineenslaan eer het te laat is. Laat ons tegenover het zoogenaamde Hugenoten Instituut te Wellington eene Gereformeerde Hollandsche Meisjesschool oprigten waar die wanklankige Engelse brabbeltaal voor goed uitgesloten zal worden." Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
Hugenote-seminarie en die sending duimnael|300px|links|Die gebou waarin die hoërskoolafdeling gehuisves is nadat die vorige gebou afgebrand het.
duimnael|regs|300px|Mejj. A.P. Ferguson (links) en A.E. Bliss.
duimnael|regs|180px|Mej. A.H. Spyker het in 1875 uit Nederland gekom om Hollands te doseer en later 'n vername rol in die Vrouesendingbond gespeel.
duimnael|links|220px|Ferguson Hall is een van talle opvoedkundige geboue op Wellington wat John Parker ontwerp het. Dis opgerig in 1908 en genoem na mej. Abbie Park Ferguson en huisves Bybel-Media reeds sedert 1972.