Varkgras of voëlduisendknoop (Polygonum aviculare) is 'n kruidplant uit die duisendknoopfamilie Polygonaceae. Die plant is inheems aan Eurasië, maar is 'n indringerplant in Noord-Amerika en in dele van die Suidelike Halfrond, soos Suid-Afrika en Australië.

Dit is 'n eenjarige of soms meerjarige plant wat vinnig plekke koloniseer waar die grond saamgedruk of opgegrawe is. Dit is dikwels die eerste saadplant om te ontkiem. Sy worteltjies is baie fyn en kan in saamgedrukte grond goed deurdring. Dit lyk na 'n grasmat, maar dit is nie 'n monocot nie. Die plant het klein pienk tot wit blommetjies.

Verspreiding In Afrika is die spesie inheems in Algerië, Egipte, Eritrea, Ethiopië, Marokko, Libië en Tunisië.

Galery

Verwysings

Kategorie:Grasse Kategorie:Flora van Algerië Kategorie:Flora van Egipte Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Marokko Kategorie:Flora van Libië Kategorie:Flora van Tunisië