Limonium depauperatum is 'n laventelbosspesie, endemies aan Suid-Afrika wat op die SANBI-rooilys as bedreigde spesie (EN) gelys is.
Die spesie is kenmerkend aan die moerasse van die kusfynbos se riviermondings. Dit kom net op vier plekke op die Kaapse Vlakte en die weskus van die Wes-Kaap voor. Dit is daar deur die landbou en die stedelike ontwikkeling bedreig. Dit groei in een van die sones wat 'n soutmoeras kenmerk, ongeveer driekwart opwaarts vanaf die waterlyn. L. depauperatum is die westelike spesie, aan die suidkus van die Kaap word dit deur L. linifolium vervang en aan die ooskus deur Limonium scabrum.Estuaries of South Africa, , Cambridge University Press, 2008, , ,bls. 103
Verwysings
depauperatum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika