'n Bespreking van die inheemse teater in Suid-Afrika In hierdie gedeelte word 'n kort oorsig gegee oor die ontstaan van die inheemse teater in Suid-Afrika. Die ontstaan van die protesteater uit die improvisatoriese storieverteltradisie van die Afrika mense wat graag sang, dans en gehoordeelname ingesluit het word bespreek. Die ontstaan van die Afrikaanse teater word beskryf. In beide die geskiedenis van die inheemse Afrika teater en die Afrikaanse teater word die rol van die Engelse teater ook genoem. Die Engelse teater geskiedenis in Suid-Afrika is dus ineengevleg met die van die Afrika teater en die Afrikaanse teater. Die Engelse teater beïnvloed die ontstaan van 'n meer Westerse Afrika teater en versterk die pogings van die swart gemeenskap om protesteater te bedryf teen Apartheid. Ter selfdertyd baat die Afrikaanse gemeenskap ook want die Engelse kultuur kruisbestuif ook die Afrikanerkultuur. Met die stigting van die streeksrade van die verskillende provinsies baat die Engelse teater net soveel as die Afrikaanse teater by die subsidie wat die Apartheidsregering vir die kunste toegestaan het. Daar word vele toneelstukke in Engels opgevoer en baie van die Engelse toneelspelers en regisseurs het werk. Die Engelse invloed wat gestaan het vir vryheid van spraak het die teatergeskiedenis van Suid-Afrika verryk en vele uitstekende plaaslik geskrewe dramas laat ontstaan. Ons land lewer 'n internasionale dramaturg, naamlik Athol Fugard wat diep spore trap op internasionale verhoë.

Hoe die inheemse Afrika-teater met mondelingse storieverteltradisies ontwikkel in protesteater en kommersiële teater In Afrika is daar eerstens 'n sterk geskiedenis van mondelingse storieverteltradisies alvorens daar gepraat kan word oor “teater” in Afrika.Hauptfleisch, T. 2007. The shaping of South African Theatre: an overview of major trends. In: Arndt and Brendt. Words and Worlds. African Writing, Literature and Society – A commermorative Publication in honor of Eckhard Breittinger. African World Press, 2007 Die kolonisasie van Afrika deur die Europieërs het storieverteltradisies van die Afrika stamme geïgnoreer en baie geskiedkundige feite het dus verlore gegaan. Een van die redes vir hiervoor is die feit dat die geskrewe woord meer gewig gedra het vir die Europese settelaars as mondelingse vertellings. Later het die migrasie van swart werkers na die stede met die ontdekking van goud, diamante en steenkool 'n baie negatiewe invloed gehad op die stamtradisies en sodoende die hiërargie van die Afrikastamme en gesinsstrukture omvergewerp.

Gelukkig is daar redelik navorsing gedoen oor die lewering van die Zulu lofgedigte deur die izibongo (lofdigter), asook navorsing oor die Xhosa se volksvertellings of iintsomi en die Sotho volksvertellings of tsomo deur die lofdigter of liboko. Die uitvoerings van hierdie werke gaan gepaard met beweging en dans. Hierdie vertellings vind meestal in die buitelug plaas sonder spesiale teaters of dekor. Die werk word gewoonlik by belangrike feesvierings (rituele) wat sekere tye van die jaar plaas vind aangebied. Die vertellers (griots) trek spesiale kostuums aan en gebruik maskers en grimering. Die lofgedigte word deur musiek begelei of deur sang. Die gehoor neem meestal aktief deel aan die uitvoerings en baie van die werk is improvisatories van aard. Die oorsprong van die teater in Suider Afrika is ook te vinde in die daaglikse volksvertellings wat rondom kampvure in krale van swart stamme voorkom.Andrezejewski, BW., Pilaszewicz, S. & Tyloch, W. (1989) Literatures in African Languages: theoretical issues and sample surveys. New York: Cambridge University Press

Teaters soos ons dit ken met 'n verhoog en 'n ouditorium kom eers baie later. Die koloniale tydperk bring die idee van die Westerse teater na Suider Afrika. Die eerste toneelstukke is deur die millitêre geldere opgevoer. In 1608 is Hamlet aangebied op die skip van Kaptein Keeling naamlik, Dragon. Gedurende 1790 was daar interessant genoeg sprake van 'n ondergrondse teater. 'n Teks is klaarblyklik geskryf deur 'n slaaf, genaamd Matjiet wat oor hul sosiale toestande gehandel het. Dit is opgevoer vir ander slawe om hul te vermaak en moontlik 'n stem van protes te gee. Tydens die Britse besetting in 1799 het goeweneur George Yonge die African Theatre laat bou waar amateur groepe kon optree tot vermaak van die lede van die garnisoen.Bosman, FCL. 1969. Drama en toneel in Suid-Afrika: 1800–1962. Pretoria: J.L. van Schaik. Tydens hierdie tydperk is besoekers aan die Kaap ook vermaak met danse deur die swartmense van daardie tyd. Daar is selfs groepe wat oorsee gegaan het om die mense daar met die inheemse danse van Afrika te vermaak.

Die sendelinge het 'n invloed op die teater lewe gehad en het temas met sedelesse en Bybelse tonele opgevoer. Die sendelinge dra die Europese teatertradisies oor aan die bewussyn van die inheemse Afrika mense. Tydens 1838 word die eerste klug geskryf en opgevoer in Grahamstad deur George Rex en Andrew Bains genaamd Life among the Hottentots or Kaatje KekkelbekShaw, D. 2009. The origins of Kaatje Kekkelbek. University of Macau.. Dit was die eerste geskrewe voorbeeld van Kombuis Afrikaans en Engels in een teks.

Verstedeliking as gevolg van die ontdekking van goud, steenkool en diamante, hoofsaaklik aan die Witwatersrand en in die Kimberleygebied, het 'n nuwe “teater” kultuur tussen die mense van Afrika ontwikkel. So voer Esau Metetwa se Lucky StarsErlmann, V. 1991. African stars: Studies in black South African performance. Chicago: University of Chicago Press. toneelgroep in 1927 sketse in Zulu op wat op 'n Europese styl geskoei is. Metetwa voer ook 'n stuk genaamd Ukuqomisa (Heks) op. In 1935 bied Herbert Dloma, die eerste volwaardige swart akteur, 'n stuk in Engels aan naamlik: The girl who killed to saveDhlomo, HIE. 2002. The girl who killed to save. Alexander Press. en met hierdie stuk het hy die eerste teaterpraktisyn geword wat koloniale onderdrukking aangespreek het. Gedurende die veertiger en vyftiger jare het daar kulturele aktiwiteite in plekke soos Sophia Town floreer met jazz musiek, dans en die aanbieding van tonele. Een so 'n toneelorganisasie was die Orlando Boy’s Club Dramatic Society.

In 1947 is die Nasionale Teater gestig wat nie die deelname van swart toneelspelers verwelkom het nie. The Bareti Players van Ian Bernhardt, 'n swart toneelgeselskap, het in die 1950’s stukke opgevoer met 'n Europese grondslag. Bernhardt was ook aktief betrokke by die musiekteater aanbieding, naamlik King KongBanham, M. 2004. A history of Theatre in Africa. New York: Cambridge University Press.. Dit was 'n “township”-musiekteateropvoering wat gehandel het oor die opkoms en tragiese einde van 'n Suid-Afrikaanse swaargewig bokserkampioen. Hierdie stuk was deur verskillende rasse geskep en opgevoer en word die bloudruk van die feit dat 'n veelrassige kultuur in Suider Afrika wel moontlik is. Dis in 1959 voor 'n veelrassige gehoor in die Witwatersrand se Great Hall opgevoer. Alan Paton en Krishnah Shah het 'n ander musiekteater stuk opgevoer naamlik Sponono in 1961 in Durban en Johannesburg. In 1963 voer Gibson Kente sy eerste musiekteater stuk op naamlik Manana, The Jazz Prophet.Orkin, M. 1991. Drama and the South African state. New York: Manchester University Press. Kente gebruik hierdie musiekteater styl en skryf verdere stukke soos byvoorbeeld How Long, I believe en Too late in die begin sewentiger jare. Gou word nog meer kommersiële musiekteater stukke geskep, deur byvoorbeeld Sam Mhangavane en Boykie Mohlamme.

Die Apartheidsbeleid ironies genoeg bevestig; swart teater vir swart mense en wit teater vir wit mense.Hauptfleisch, T. 2007. Ibid. Die Apartheidsdruk vermeerder wat interaksie op kulturele gebied stuit. Athol FugardWerthheim, Albert. 2000. The dramatic art of Athol Fugard to the world. Bloomington: Indiana University Press. het in 1958 sy stuk Nongogo in die Rehearsal Room in Dorkay House in Johannesburg opgevoer met John Kani en Winston Ntshona. Hulle het ook die Serpent Players in Port Elizabeth bedryf asook die Circle Players van Kaapstad. Die vermeerdering van Apartheidswette het gelei tot meer en meer Anti-Apartheid stukke. Fugard skryf The Blood Knot, Basil Warner skryf Try for white, en David Herbert skryf Kakamas Greek. Selfs in die geledere van die Afrikaanse skrywers beweging genaamd die Sestigers is daar opstand teen die Verwoerd-dominansie van Apartheid. 'n Stuk wat Verwoerd se ideologie direk konfronteer was N.P. van Wyk Louw se Pluimsaad waai vêr (1966). Bartho Smit se stuk Die Verminktes (1960) is geskryf in verset van die toe huidige bestel.

In 1965 word alle gemengde rassige gehore verbied deur die regering, asook veelrassige gehore. 'n Uitwerking hiervan kan gesien word in die werk van Athol Fugard wat nou sy werk eksklusief met wit spelers aanbied soos byvoorbeeld – People are living there, Hello and Goodbey en, Boesman and Lena. Boesman and Lena se rolverdeling is byvoorbeeld hanteer deur Yvonne Bryceland en Boesman is gespeel deur Athol Fugard self. In 1972 besluit hy om hierdie apartheidsreël teë te gaan en voer Sizwe Banzi is dead op met die Serpent players.

In 1964 in Durban het Ronnie Govender en Muthal Naidoo die Shah Theatre Academy gevorm, terwyl Gibson Kent ander temas aanpak soos liefde, geweld en alkoholisme. Twee van Kent se mees suksesvolle spelers het ook die suksesvolle stuk Woza AlbertMtwa, P., Ngema, M. Simon, B. 2009. Woza Albert. York: Methuen Drama geskep. Hierdie toneelstuk het internasionale sukses bereik. Maishe Mapona se stuk Gangsters is deur die Direktoraat vir Publikasies as opruiend beskou en die opvoer daarvan in Diepkloof is verbied.

Die revolusie van 1976 teen Apartheid het gelei tot meer en meer aksies wat aanleiding gegee het tot die geboorte van Demokrasie in Suid-Afrika in 1994. Daar was nie 'n tekort aan Suid-Afrikaanse teater stemme in hierdie stadium nie, maar wel 'n tekort aan teaters wat hierdie stukke kon huisves. Die staatsgesubsidieerde Raad vir Uitvoerende Kunste was meestal net geïnteresseerd in Afrikaanse werke en nie soseer in nuwe Engelse stukke nie. Die enigste toneelstuk wat die saak van Apartheid in hierdie tyd aanspreek in Afrikaans was Kanna hy kô hystoe geskryf deur Adam Small. Hierdie stuk het die lot van die kleurlinge aangespreek en is opgevoer deur die streeksrade. Intussen het die TRUK (Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste) se Arenateater in Johannesburg, Kruik (Kaapse Raad vir Uitvoerende Kunste) se Theatre Laboratory en Bloemfontein se Presidensieteater wel “eksperimentele” werke op in opstand teen die streng Apartheidswetgewing.