Coenrad Adolph Groenewald is 'n Afrikaanse skrywer. Hy skryf verhale onder sy eie naam asook die skuilname Adolf Koen en Justus van Rhyn.

Skryfwerk Onder sy eie naam skryf hy die bundel kortverhale Stilrooi aarde, wat hoofsaaklik handel oor onvergenoegdes, veral in die liefde. Harte van staal is ’n avontuurroman wat die lotgevalle van Jan Jacobz beskryf. Na die Anglo-Boereoorlog verhuis hy na Duits-Oos-Afrika (later Tanganjika  en deesdae Tanzanië), omdat hy in sy eie land ten onregte as ’n verraaier aangesien word. In sy aangenome land laat hy hom vir politieke wanpraktyke misbruik deur ’n gewetenlose skurk. Boeiende jagervarings uit die dagboek van ’n grootwildjagter word ook in die verhaal ingewerk. Die spannende verhaalgegewe vergoed vir gebrekkige karaktertekening.

Hy is verantwoordelik vir ’n groot aantal vertalings van hoofsaaklik kinderverhale in Afrikaans. Die lewenswonder is didakties van aard en gemik op die opvoeding in seksuele etiek by kinders.

Publikasies JaarPublikasiesC.A. GroenewaldWorldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-n93066045/Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AGroenewald%2C+Coen.&qt=hot_author1945Stil rooi aarde1946Harte van staal1948Folterende liefde1950Vergeef my liefde1952So diep die begeerte1966Oomblikke van betowering1982Verdwaalde liefdeVertalings1950Heidi, die kind van die berge – Johanna Spyri1951Die lewenswonderTennis vir beginners – John Olliff1952Duursame hartstog – Marie Charlotte Carmichael Stopes1955Moses, skaapwagter en prins – Lucy Diamond1959Die eendjie vaar op die see – Fleur ConklingDie katjies wat van hulle mamma weggeloop het – Louise P. WoodcockKlein Jan-kleintjie – Charlotte SteinerMy eerste boekie van gebede – Mary JuergensDie speel-speel optog – Jan MargoSpeeltyd vir Nellie – Margaret O. HydeDie spelerige hondjie – Jean Horton Berg’n Storie van ’n plaas in lewende prentjies – Radcliffe HowarthDie verhaal van die Christus-kind – Annette EdwardsVir die kind: Verhale uit die Bybel in lewende prentjies – Lilian RyderWie bly op die plaas? – Mary EltingDie wonder-boekie van Bybelverhale – Mary Juergens1957Die sakboekie oor baba- en kindersorg – Benjamin Spock1960Avontuur vir Jesus – Mary MillerJesus en sy vriende – Mary MillerJesus die herder – Mary MillerJesus maak gesond – Mary MillerDie koms van Jesus – Mary MillerDie mense wat Jesus ontmoet het – Mary MillerStories van treine – John RyderVerhale wat Jesus vertel het – Mary Miller1961David Livingstone – L. du Garde PeachFlorence Nightingale – L. du Garde PeachStories van Jesus, die helper – Hilda I. RostronVerhale van Jesus, die vriend – Hilda I. Rostron1962Luisterryke obsessie – Lloyd Cassel Douglas1963Fransinatjie se slaaptyd – Russell HobanAdolf KoenSoftcoverbooks: http://www.softcoverbooks.co.za/adolf%20koen%20pronk%20boeke.htmlWorldcat: http://ww.worldcat.org/identities/lccn-no2007131345/1961Haar verlore jareSpore op die water1962Die gewetelose bruidegomMan onder verdenkingDie wit ster van haat1963Verslaafde sonder sielJustus van RhynWorldcat: http://ww.worldcat.org/identities/lccn-no2007131344/1950Die lafaard se kus1954Die engel van GeluksplaasVergeef die moederhart

Bronnelys

Boeke Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk. Kaapstad. Elfde druk. 1970. Kannemeyer, J.C.: Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg. Eerste uitgawe. Eerste druk. 1983. Nienaber, P.J. et al: Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg. Derde hersiene uitgawe. 1969.

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers