Rykie Roux, die skuilnaam van Marisa Haasbroek, is ’n Afrikaanse skryfster van liefdesverhale.NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/Authors/2109 Romanzalesers: https://romanzalesers.wordpress.com/boeke/rykie-roux/
Lewe en werk Marisa Haasbroek word groot in Pretoria en studeer aan die Universiteit van Pretoria. Vir vyf jaar bly sy in Malmesbury in die Wes-Kaap, waarna sy terugkeer na Pretoria.Roux, Rykie “Om te skryf is geen grap” “Beeld” 13 April 2006 Sy is redakteur van verskeie korporatiewe tydskrifte, maar word later vryskutskrywer wat benewens romans en kortverhale talle artikels vir tydskrifte skryf. Sy is getroud met die ingenieur Dries Roux en hulle het twee kinders, Johannes en Annamaria, wat sy tuis onderrig.
Die gesin woon eers in die voorstad Moot, maar trek later na Kleinfontein, wat sowat 30 km suidoos van Pretoria geleë is. Hierdie dorp is soortgelyk aan Orania en is ’n kultuurnedersetting vir wit Afrikaners. Op vrywillige basis is sy die kommunikasiebeampte van Kleinfontein.Van Zuydam, Lali IOL: http://www.iol.co.za/news/south-africa/gauteng/kleinfontein-pretorias-own-orania-1519319 Borskanker word by haar gediagnoseer en sy deurgaan die gehele pynlike behandeling om dit te oorkom. Sy en haar man bly vanaf 2015 vir twee jaar in Washington DC in die Verenigde State van Amerika, waar haar man tydelik werk.Storiewerf: http://www.storiewerf.co.za/cvs/cv_marisahaasbroek.htm
Skryfwerk Wanneer die kinders gebore word, werk sy van die huis af en begin dan om artikels en kortverhale vir tydskrifte soos Sarie, Rooi Rose en Finesse te skryf. Haar eerste kortverhaal word deur Sarie gepubliseer, waarna sowat dertig ander volg, insluitende Erik se T-hempSA Canada: http://www.sacanada.org/topic/8375-erik-se-t-hemp/ wat aanvanklik in 1999 in Sarie gepubliseer is. Mettertyd beproef sy langer werk en begin so om romanses te skryf.
Liefdesverhale In Naweekbruik trou die argitek-student, Andreas Steyn, vinnig in die geheim met sy professor se dogter, Marguerite. Andreas het ’n verlede en dinge loop lelik skeef wanneer Marguerite al die skinderstories oor haar man begin glo.
Trofeevrou gaan oor die bedorwe rykmansdogter en kampioen perderuiter, Inez. Sy sien die aantreklike kelner by haar verjaardagpartytjie vir ’n gas aan, dans met hom en jak hom dan af. Haar paadjie kruis later weer met Wim Meintjies. Hierdie keer is sy die een wat kerkmuisarm is en hy hou haar toekoms in die holte van sy hande.
Tango met ’n chirurg se hoofkarakter is die mediese student Salome. Die lektore gee haar opdraande, veral dr. Bart de Lange en professor Tjaart Dekker, maar sy verwerk haar frustrasies en leef haar uit in iets wat sy goed kan doen, naamlik die tango.
Jeugverhaal Sy skryf ook die jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust, wat sy onder haar eie naam publiseer. Elmien droom daarvan om eendag ná skool ’n dokter te word. Sy bly egter in haglike omstandighede in ’n wit plakkerskamp (Hoewe 717), waar sy die aantreklike Ruan ontmoet en uit die nare oom Bok se vatterige kloue moet probeer bly.Swart, Keina LitNet: http://www.litnet.co.za/iewers-vlieg-daar-fairy-dust-deur-marisa-haasbroek/ Hierdie roman wen in 2015 die ATKV-Kinderboektoekenning vir graad 8-10.
Publikasies
Rykie Roux JaarNaam van publikasieWorldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3ARoux%2C+Rykie.&qt=hot_author2002Beminde merrietjie Verby die hart se skanse2003Droomkaptein se ysprinses Mia se missie
Wentelbaan van bekoring2004Aarbeie vir dokter Aliz ’n Droomman vir Dara
Soos goud vir graniet
Vuurdans2005Beminde maanstraal Die flerrie en die advokaat
Lieflike leuenaar
Tango met ’n chirurg2006Die dokter se geheime passie Lieflike lokval
Mariek en die magnaat
Satynprinses2007Dokter Draak Naweekbruid2008Môrester in die hart2009Net jy2010’n Meermin vir Xander Onweerstaanbare vreemdeling
Trofeevrou2011Skitternag vir Dokter Vasti2015Hibiskusvrou
Marisa Haasbroek Iewers vlieg daar fairy dust, 2014Jaco Jacobs se Skryfblog: http://jacojacobs.blogspot.co.za/2014/05/10-vrae-aan-marisa-haasbroek_5.html
Bron Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2006/04/12/KA/04/03.html
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers