Lydia Pienaar is ’n kenner van kinder- en jeugliteratuur en vertaler van meer as tweehonderd kinderboeke uit die wêreldliteratuur in Afrikaans.

Lewe en werk Lydia Pienaar is in 1936 op Morgenzon gebore en word ook daar groot. Haar vader het hier ’n prokureurspraktyk. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Ermelo en studeer dan verder aan die Universiteit van Pretoria, waar sy ’n B.A.-graad in Biblioteekkunde en ’n Hoër Onderwysdiploma verwerf. In 1958 begin sy werk onder mev. Lyndhurst in die Kinderafdeling van die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens. Sy gaan in 1961 na die Verenigde State van Amerika en behaal die graad Master of Library Science aan die State University of New York. Daarna werk sy as kinderbibliotekaresse onder mej. Ethna Sheehan in die Queens Borough Public Library. By haar terugkeer na Suid-Afrika is sy onder andere ’n ruk verbonde aan ’n uitgewery as redaktrise van kinderboeke. In 1966 vertrek sy met ’n beurs na Duitsland om aan die Internasionale Jeugbiblioteek in München navorsing te doen oor kinderliteratuur. Daarna word sy hoof van die kinderafdeling van die Kaapse Stadsbiblioteek. Aan die Universiteit van Kaapstad behaal sy in 1973 ’n M.A.-graad met ’n verhandeling oor “Die kinderverhaal as literatuur met spesiale verwysing na werke deur Freda Linde en Alba Bouwer”. In 1975 promoveer sy (D.Phil.-graad) aan die Universiteit van Kaapstad met ’n proefskrif oor “Die kinderleser en kinderliteratuur met verwysing na standerd vier-biblioteekgebruikers in Kaapstad se belewing van Snoet-Alleen, Dakkuiken en Dirkie van Driekuil”. Beide hierdie tesisse word later in verwerkte vorm gepubliseer. Sy trou en word daarna bekend as Lydia Snyman, wat op gereelde basis resensies oor kinder- en jeugliteratuur lewer vir onder andere Tydskrif vir Geesteswetenskappe.

Skryfwerk Sy lewer belangwekkende werke oor kinderliteratuur metPotgieter, Erne “Die Burger” 28 April 1983 “Die kind en sy literatuur”, opgevolg deurSpangenberg, D.F. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 14 no. 3, Augustus 1976 “Die kinderverhaal as literatuur”, waar sy aan die hand van verskeie ontledings van verhale op die kenmerke en aard van hierdie soort literatuur wys. Die genre van kinderliteratuur is gemik op lesers van tot veertien jaar oud en die tipes kinderlektuur wat sy bespreek sluit in die prenteboek, fantasie, die avontuurverhaal, die realistiese verhaal, die diereverhaal, poësie, sprokies, mites en sagas. ’n Verdere baie belangrike bydrae van haar is die vertaling van ’n groot aantal kinderboeke uit die wêreldliteratuur in Afrikaans, insluitende volksverhale uit Ysland, Afrika, China, Ierland, die Oekraïne, die Skandinawiese lande, Europa en Rusland.

Publikasies JaarPublikasiesLydia Pienaar1968Die kind en sy literatuur1969Basiese kinderboeke: ’n lys vir ’n Suid-Afrikaanse biblioteek1975Die kinderverhaal as literatuurVertalings1961Die koei wat in die water geval het – Phyllis Krasilovsky1965Joanjo – Jan Balet1969Die groot olifant en die kleintjie – Hans BaumannDie heining – Jan BaletPieter en die wolf – Sergey ProkofievDie sewe brandmaer bokke – Victor G. Ambrus1970Die boeiende wêreld van slange – Alfred LeutscherKoning Lysterbaard – Jacob en Wilhelm Grimm’n Kroontjie eikeblare – Victor G. AmbrusKyk en soek – Brian WildsmithNico kry ’n skat – Ali Milgutsch1971Pieter en die konyne – Arthur KüblerDie sultan se bad – Victor G. Ambrus1972Die aap en die krokodil: ’n Jataka-verhaal uit Indië – Paul Galdone1973Die drie bere – Paul GaldoneDie spring-wedstryd – Hans Christian Andersen1974Die man van hout – Max Bolliger1976Tina en Nina – Hans Baumann1977Bennie se diere en hoe hy hulle gerangskik het – Millicent E. SelsamDrie goue munte – Aliki BrandenbergHarry die vuil hond – Gene ZionDie kameel wat gaan stap het – Jack TworkovDie krimpvarkie en die haas: ’n Grimm-sprokie – Wendy WatsonPette te koop: ’n verhaal van ’n smous, ’n klomp ape en hul apestreke –  Esphyr SlobodkinaDie vyf Chinese broers – Claire Huchet Bishop1978Die baie klein vroutjie – Barbara SeulingDie halwe koninkryk: ’n Yslandse volksverhaal – Ann McGovernTweehonderd konyne – Lonzo Anderson1979Die jagter en sy hond – Brian WildsmithJan Dik, tant Ragie en die  middernag-kat – Jenny WagnerJan en die boontjierank – William StobbsDie vier vindingryke broers – Jacob en Wilhelm GrimmWaarom die son en die maan in die lug woon – Elphinstone DayrellLydia Snyman1983Die kind se literatuurDie kinderleser en kinderliteratuur1987Die jeugboekVertalings1979Kassiem se skoene – Harold Berson1980Die bok en die boom – Ludwig BemelmansDie drie varkies – Paul GaldoneDie drie wense – Paul GaldoneOp ’n goeie dag – Nonny HolgrogianDie vos en die perd: ’n Grimm-sprokie – Paul Galdone1981Pikkertjie – Paul GaldoneDie ryk man en die skoenmaker – Jean de la Fontaine1982Die lelike eendjie – Hans Christian AndersenDie prinses en die ertjie – Hans Christian AndersenDie standvastige bliksoldaat – Hans Christian AndersenWaarom die jakkals nie met die krimpvark praat nie – Harold Berson1984Juffrou Rumphius – Barbara CooneyKoning van die katte – Paul GaldoneDie verhaal van Pieng – Marjorie Flack1985Bloubessies vir Sally – Robert McCloskeyDie storie van Ferdinand – Munro Leaf1987Andries en die leeu – James DaughertyBroers: ’n Hebreeuse legende – Florence B. FreedmanDie derde-verdieping-kat – Leslie BakerGilberto en die wind – Marie Hall EtsKlein Duimpie – Jacob en Wilhelm GrimmDie kleinste den – Margaret Wise BrownLouhi, die heksie van Noordplaas: ’n verhaal uit die Finse epiese gedig die Kalevala – Toni de GerezDie meisie van die woud – Fiona FrenchDie padda en die wonderwerk: ’n verhaal uit Liberië – Verna AardemaDie tafel, die donkie en die knuppel: ’n Grimm-sprokie – Paul GaldoneDie tantetjie wat vir niks bang was nie – Linda WilliamsDie verhaal van die drie wyse konings – Tomie DePaolaWaarom kat spin – Ashley BryanWat is in ’n vos se sak? – Paul GaldoneDie wolf en die sewe bokkies – Jacob en Wilhelm Grimm1988Die dapper haantjie – Victor G. AmbrusDie dorpsbruilof – Victor G. AmbrusEn wat is agter die heuwel? – Ernst A. EkkerDie man wat geglo het – Uri ShulevitzUile-nag – Jane YolenUilsgeluk – Celestino Piatti1989Die apie se hart – Bob LemonDie slim uiltjie – Reiner ZimnikDie 500 hoede van Sebastiaan Klippers – Dr. SeussWaarom die krap nie ’n kop het nie – Barbara Knutson1990Eendag toe ek bang was – Helena Clare PittmanDie eseltjie se droom – Barbara Helen BergerHansie en Grietjie – Rika LesserJakkals-stories – M.J. WheelerDie man wat sy kop verloor het – Claire Huchet BishopMinerva Louise – Janet Morgan StoekeOu man in die boom – Gareth AdamsonDie reuse se fees – Max BolligerDie ses dwase broers – Benjamin ElkinDie soldaat en die duiweltjies – Michael McCurdyVan Hunks en die verleier – Kathleen Milne1991Die betowerende muurtapyt – Robert D. San SouciDie dorp met die ronde en vierkantige huise – Ann GrifalconiDie groot raap – Pierr MorganDie groot rooi skuur – Margaret Wise BrownJasper en die eende – Marjorie FlackJasper en die kat – Marjorie FlackJasper verdwaal – Marjorie FlackLon Po Po: ’n Rooikappie-verhaal uit China – Ed YoungManie en Tillie – Rebecca C. JonesMeneer Momboe se hoed – Ralph LeemisNet ekke – Marie Hall EtsOlifantjie in die put – Marie Hall EtsDie pratende eiers: ’n volksverhaal uit die suide van Amerika – Robert D. San SouciRepelsteeltjie: ’n Grimm-sprokie – Paul O. ZelinskySê dit sonder woorde – Marie Hall Ets1992Al deur die bos – Marie Hall EtsDie ander dag – Marie Hall EtsDit wat ’n naam is – Margaret GreavesGelukkige Hans: ’n Grimm-sprokie – Paul GaldoneHoe tarentaal haar spikkels gekry het – Barbara KnutsonDie jongste houtkappertjie – Keizaburō TejimaDie kraanvoël – Molly BangDie maan is joune – James ThurberDie man wat te lui was om te kook – Phyllis KrasilovskyMoenie vir die hele wêreld vertel nie – Joanna ColeDie onderstebo wind – Arnold LobelDie ontevrede vissie – Kathleen ArnottDie pratende pot: ’n Deense volksverhaal – Virginia HavilandDie rooi hennetjie – William StobbsDie stil mensies – Pam ConradDie swaap en die vis: ’n Russiese volksverhaal – Gennadij SpirinDie visser en die goue vissie – Aleksandr Sergeevich PushkinVyf Zoeloeverhale – Kathleen Arnott1993Die aspoester-meisie – Rafe MartinGouelokkies en die drie bere – Jan BrettJamie en die groot aartappel – Tomie DePaolaDie koning en die skilpad – Tololwa M. Mollel1994Anansi soek ’n domkop – Verna AardemaCaleb en Kate – William Steig’n Dag in die somer – Alvin R. TresseltDema en Demazana – Kathleen MilneDie diere in Bethlehem se stal – Tomie DePaolaGoederetrein – Donald CrewsDie heel eerste lied – Laura Krauss MelmedKortpad – Donald CrewsMirette op die hoë koord – Emily Arnold McCullyMoefaro se pragtige dogters – John SteptoeOorgenoeg plek vir ’n vlieg – Julia DonaldsonDie rooi draad – Ed YoungDie seun wat by die robbe gaan bly het – Rafe MartinDie sneeu-dogtertjie: ’n ou Russiese volksverhaal – Carolyn CrollTomie se brood: ’n Italiaanse volksverhaal – Tomie DePaolaDie twee Kerseseltjies – Max BolligerDie verhaal van die Skepping – Jane RayWord wakker plaas! – Alvin R. Tresselt1995’n Besige Maandagoggend – Janina DomanskaDie boom wat kan praat – Inna RayevskyDie drie wense – Margot ZemachFraailief en die Ondier – Jan BrettDie geheime kamer – Uri ShulevitzDie geraas boek – Margaret Wise BrownGooi vir my ’n soentjie, juffrou Lilly – Nancy White CarlstromHy het opgestaan: die Paasverhaal – Elizabeth WinthropDie ibis en die reier – Roy OwenSokkies vir ete – Jack KentDie spinnerak-gordyn: ’n Kersverhaal – Jenny KoralekVan alles twee: ’n Chinese volksverhaalDie wonderlike fees – Esphyr Slobodkina1996Appie en die vreemde besoeker – Patricia RoddyChinye – Obi OnyefuluDie eerste Kersnag – B.G. HennessyGroot vet Lien – Keith BakerHoe die os op aarde beland het – Lily Toy HongKalkoen se gawe aan die wêreld – Ani RuckiKom speel ABC – Marie-Agnès GaudratMnr. Potter en Japie bak koek – Cynthia RylantMnr. Potter en Japie drink tee – Cynthia RylantMnr. Potter en Japie gaan stap – Cynthia RylantNoag – Patricia Lee GauchDie ongewone gesin – Lynn ReiserDie onmoontlike opdrag – Kathleen ArnottPitjie – Ed YoungDie prettige diere-optog – Jakki Wood1997Arnie – Brigitte SchröderDie betowerde swane – Sheila MacGill-CallahBo en onder – Janet StevensBo in ’n boom – James MarshallDie botter boom – Mary E. LyonsDie geskenk – Michael EmberleyGoeienag-kat – Lynn ReiserDie goue gans: ’n Grimm-sprokie – Uri ShulevitzHoe die nag uit die see gekom het – Mary-Joan GersonMuise-tel – Ellen Stoll WalshMy pa – Niki DalyWillem se probleme – Shirley Isherwood1998Een herfsdag – Molly BangGawe van die goeie aarde – Gary PaulsenKinta se lied – Cheryl ScottDie mallemeule – Liz RosenbergMasilo en Masilonyane: ’n Sotho-Tswana verhaal – Robert Bramwell-JonesDie merkwaardige Kersfees van die skoenmaker se seuns – Ruth SawyerMuil eiers – Cynthia deFelicePappa se stories – Dolores JohnsonDie seun en die spook – Robert D. San SouciWaarom Nigerië se vroue lang hare het – Kathleen ArnottWaar’s Mollie? – Uli WaasWeggesteek in die sand – Margaret HodgesDie wit hennetjie – Philippa PearceDie wyse oumatjie – Yoshiko Uchida2002Vuyo se fluitjie – Meryl Urson2004Afrika-stories – Kathleen ArnottHaas maak ’n plan – Ann WaltonWaarom die maan groter en kleiner word – Kathleen ArnottWaarom rotte in gate woon – Kathleen Arnott

Bronnelys

Boeke Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 Pienaar, Lydia “Die kind en sy literatuur” HAUM Kaapstad Eerste druk 1968

Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Pienaar,_Lydia Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3APienaar%2C+Lydia.&qt=hot_author Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2001-40209/ Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3ASnyman%2C+Lydia%2C&qt=hot_author

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1936