P.V. Pistorius (*16 Desember 1907, Rustenburg – † 24 Oktober 1972, Pretoria) was 'n professor in Grieks aan die Universiteit van Pretoria, predikant van die NG Kerk en skrywer van verskeie boeke oor die oudheid, met sy fokus veral op die Griekse klassieke wêreld.
Onder die skuilnaam, P. de Villiers skryf hy ook ’n aantal populêre romans.
Lewe en werk
Herkoms en opleiding Philippus Villiers Pistorius is op 16 Desember 1907 in die distrik Rustenburg gebore as die seun van Carl Wilhelm Frederick Theodore Pistorius (1871–1939) en Martha Josina van der Westhuizen (1877–1945).Geni-webwerf: http://www.geni.com/people/Phillipus-Villiers-Pistorius/6000000017272437065 Sy skoolopleiding ontvang hy op Rustenburg.Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. Pistorius, prof. dr. Philippus Villiers – Biografie.
Hy studeer verder aan die Universiteit van Suid-Afrika, waar hy die B.A.- en B.A. Honneurs-grade verwerf. Daarna sit hy sy studies voort aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy die M.A.-graad en in 1931 die B.D.-graad behaal. Aan die Universiteit van Pretoria behaal hy in 1937 die D.Litt.-graad met ’n proefskrif oor Plotinus: ’n Studie in neoplatonisme (wat later in verwerkte vorm in Engels verskyn as Plotinus and neoplatonism: an introductory study). Aan die Universiteit van Leiden in Nederland behaal hy in 1939 die D.Litt. et Phil.-graad met ’n proefskrif oor Indices Antinoopolitani.
Loopbaan Tussen 1932 en 1936 staan hy in die bediening in die NG gemeente Roodepoort en van 1936 tot 1938 is hy leraar van Cottesloe-gemeente.
In 1940 word hy aangestel as senior lektor in Grieks aan die Universiteit van Pretoria en in 1947 word hy professor en hoof van die Departement Grieks, ’n pos wat hy tot met sy dood beklee.
Politieke betrokkenheid Vir baie jare neem hy ook aktief deel aan politieke aangeleenthede en hy is lid van die hoofbestuur van die Progressiewe Party. As politikus is hy ’n uitgesproke teenstander van die apartheidsbeleidhttp://www.disa.ukzn.ac.za/webpages/DC/BSDec63.0036.4843.007.004.Dec%201963.8/BSDec63.0036.4843.007.004.Dec%201963.8.pdf en in 1957 in sy boek Die trek is verby (in Engels No further trek) argumenteer hy reeds dat die integrasie van rasse in Suid-Afrika verby die punt is waar dit afgeweer kan word. Hy was 'n uitstaande redenaar, in staat om sy gehoor opgewonde te hou.
Persoonlike lewe Hy het vier keer getrou. Sy oudste seun, Carl Wilhelm Frederick Theodore, is op 29 Desember 1935 gebore en op 2 Desember 1975 oorlede.
P.V. Pistorius is op 24 Oktober 1972 in Pretoria oorlede.Anoniem. Prof. Pistorius skielik dood. Die Transvaler, 26 Oktober 1972
Skryfwerk Sy boeke sluit in verskeie vertellings oor die Griekse klassieke wêreld, insluitende Alexander die Grote, Droomhelde uit Hellas (waarin mites soos onder andere Poseidon en Athena, Demeter en Persephone, Orpheus en Eurydike en die avonture van Perseus verhaal word) en Die Odyssee van Homeros. Waar Asgard blink bevat verhale uit die Germaanse mitologie en stel die leser bekend aan gode soos Odin, Loki, Honer en Thor. “Thor verloor sy hamer” is voorheen gepubliseer as deel van Waar Asgard blink. Frey en Gerda is ’n Noorse mite. ’n Boek met ’n politieke strekking is No further trek (in Afrikaans Die trek is verby), waarin rasseverhoudinge in Suid-Afrika die tema is en die onafwendbaarheid van integrasie van rasse in Suid-Afrika op rasionele wyse aangetoon word. Hy skryf ook talle artikels en kortverhale wat in tydskrifte verskyn.
Onder die skuilnaam P. de Villiers skryf hy etlike romans en novelles soos Nag op die duine, Geen groter liefde, In nuwe aarde en Bloeisels in die herfs. Die masker val is ’n vervolg op Nag op die duine.
Publikasies Werke wat uit sy pen verskyn, sluit in:Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3APistorius%2C+Philippus+Villiers.&qt=hot_author JaarPublikasiesP.V. Pistorius1937Plotinus: ’n Studie in neoplatonisme1943Die Misteries van Kybele-Attis en die Christelike sakramente1944Alexander die Grote1947Die evangelie van Johannes: opnuut vertaal en van aantekeninge voorsien1950Droomhelde uit Hellas1952Die Odyssee van HomerosPlotinus and neoplatonism: an introductory study1953Waar Asgard blink1957No further trekDie trek is verby1961Thought, God, and the common man1998Thor verloor sy hamer2001Frey en Gerda: ’n Noorse miteP. de Villiers1940Die predikantsvrou van Mynfontein1942Nag op die duineStemme van gister1943’n Man het twee seuns1944Gevestigde belangeDie masker val1945Wolke oor die maan1947Groter liefde as dit...1948Die geval van die tonnelWaar die pad doodloop1949In nuwe aarde1955Bloeisels in die herfs1959Bande van die verledeVerlore skakels1961Die koue vlamDie skynhuwelik1962Geen groter liefde
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1907 Kategorie:Sterftes in 1972