Die Kretensiese ruigtevaring (Pteris cretica L.) is 'n varingspesie wat in Suid-Afrika in die provinsies Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo voorkom. Die plant het 'n groot voorkomsgebied wat die tropiese Afrika, die westelike gebied van die Indiese Oseaan, suidelik Europa en Asië tot Japan omvat.

Dit het 'n wortelstok wat tot 6 mm dik kan wees. Die blare kan 510 tot 750 mm lank wees. Die vrugbare blare wat sporangia dra is langer. Die stingel is 360 tot 575 mm lank.

Dit groei in ligte of diep skaduwee in diep blaarafval in immergroene woude wat volgens seisoen afwisselend nat of droog is.

Verwysings

Kategorie:Varings cretica