duimnael|Teater in Delphi. duimnael|Teater in Pergamum. duimnael|Teater in Argos. duimnael|Teater in Priene. duimnael|Teater in Taormina. duimnael|Teater in Assos.
Griekse teater verwys na die drama en teater van Antieke Griekeland, wat as die begin en basis van Westerse teatergeskiedenis beskou word. Dié teater was oorspronklik 'n ritueel in die kultus van Dionysos. In die Romeinse mitologie is Bacchus die god van wyn en vrugbaarheid.
Ontstaan Die Grieke se groot ryk begin bykans 800 voor Christus en strek tot en met die dood van Alexander, die Grote in 323 v.C., waarna die Griekse ryk verdeel is. In die ryk se bestaan van 450 jaar het die Grieke die letterkunde, argitektuur, wiskunde, wetenskap en politiek, asook die kunste van die westerse wêreld se grondslag, tot 'n groot mate ontwikkel. Een van hul mees invloedryke nalatenskappe is dié van die geskrewe klassieke tragedie en komedietekste waarop daar nog eeue na hul bestaan voortgebou is.http://www.interkriti.org/crete/iraklion/phaistos.html?vpg=2. Besoek op 30 Oktober 2016
Op die eiland Kreta is 'n antieke, kultiese teater gevind naby die paleis van Phiastos wat gebruik is vanaf ongeveer 1900 v.C. tot 1700 v.C.. Daar is skilderwerk op muurpanele gevind wat afbeeldings van oesfeeste kan wees wat vir die godin van vrugbaarheid gehou is. In Griekeland, tydens die sesde eeu v.C., word ronde areas aan die voet van 'n heuwel geskep, genaamd die orchestra. Hier kon die mense dan, terwyl hul teen die heuwel sit, kyk hoe die priesters die god, Dionysius vereer met hul rituele. Daar is diere op 'n altaar of thymele geoffer as deel van 'n aanbiddingsritueel.Mark Damen 2012. URL besoek op 31 Oktober 2016
Daar word gereken dat hierdie rituele uitgebeeld is deur priesterkore van sowat 50 mans wat gesing, gedans en kostuums, maskers en grimering gedra het. Daar word beweer dat hul 'n DythyrambeHart, ML. 2000. The art of ancient Greek theater. LA: J.Paul Getty Museum. gesing het (dit is 'n lofsang ter ere van 'n god) en met betekenisvolle gebare uitgebeeld het. Dit kon dus verband hou met die ontstaan van die latere geskrewe dramas wat geskep is deur skrywers soos Aeschylus, Sophokles en Euripedes. Daar is egter geen klinkklare bewys dat rituele die geskrewe dramatekste se ontstaan bewerkstellig het nie.
Die Grieke se passie vir storievertelling as 'n kuns is versterk deur die teaterkompetisies in Athene 532 v.C.. Die Kompetisie van die Stad van Dionysia is elke jaar in Maart aangebied. Daar is in die begin afgekondig dat drie toneelskrywers se stukke as trilogië vir die fees aanvaar word. Op 'n dag is daar dan 'n groot optog of pompe gehou deur die strate van Athene. Vroue en mans, kinders en hooggeleerdes het die optog bygewoon terwyl hul 'n houtbeeld van Dionysius van buite die stad na die tempel by die teater van Dionysius teen die suidelike hang van die Akropolis. Die prosessie het dan teen die aand geëindig met 'n fees. Daar is nog steeds 'n pilaar van 'n kollosale phallus op die eiland Delos wat 300 v.C. gebou is. Hierdie is die simbool van vrugbaarheid. Daar is dus ook nog ander beelde van Phalloi in die optog gedra. Snaaks genoeg is daar vandag nog 'n soortgelyke tradisie wat in Japan gehou word in die Nagoya.
In 508 v.C. is 'n nuwe kompetisie van Dionysia begin naamlik die Dithyrambe fees. Kore van die tien Atheense stamme het deelgeneem. Daar was aparte kore vir mans en seuns. Daar is gesing en die kore is begelei deur dubbel rietfluite, liere en siters teen die 2de eeu v.C.
Akteurs Die toneelspelstyl van die GriekseteaterWiles, D. 2000. Greek theatre performance: An introduction. UK: Cambridge University Press sou definitief groter as die lewe moes wees bloot omdat die toneelstukke in opelugteaters aangebied is sonder enige mikrofoonstelsels soos ons dit vandag ken. Om die verhaal oor te dra aan die toeskouer sou hul groot gebare moes maak en baie sterk speel. Een van die eerste wenners van so 'n Stad van Dionysius kompetisie was Thespis. Hy word dan gereken as die eerste, waarlike akteur. Nog 'n bekende akteur was Prynichius wat die eerste kompetisie wen om en by tussen 511 en 508 voor Christus. Hy voer tragedies op en gebruik historiese onderwerpe, soos byvoorbeeld die geskiedkundige val van Meletus wat deur die Perse verower is. Sy stuk het die toeskouers so ontstel dat almal in die teater begin huil het en die stuk daarna verban is. Phrynichus was ook die eerste uitvoerende kunstenaar wat vroue karakters in sy werk ingesluit het. Hierdie vroue is egter deur mans gespeel met vroue maskers. Ongelukkig het geen van die skrywers wat tydens die 6de eeu voor Christus geskryf het se werke oorgebly nie.
Maskers Die masker in die Griekse teater is gebruik sodat die akteurs meer as een karakter kon speel. Die vergrote uitdrukking op die masker se gesig het gehelp dat die gehoor hul makliker kon sien. Verder kon die masker ook as 'n klein megafoon dien om die volume van hul stemme te verhoog. Maskers is van hout, linne, en kurk gemaak. Hulle het soms ook regte hare gebruik vir die masker.
Teaterkostuums Die kostuums het die sosiale status, geslag en ouderdom van 'n karakter suggereer. Onder is 'n gewone kleed gedra of 'n onderkleed wat ook peplos of chitonBarton, L. Historic Costume for the stage. London: Adam and Charles Black. genoem is en bo-oor 'n mantel of himation. Die chiton kon van wol of linne gemaak wees. Hul dra ook 'n kleiner mantel of tjalie wat bekend staan as die chlamys. Reisigers het 'n petasos of sonhoed gedra om hul teen die weer te beskerm. Vir die alledaagse lewe is 'n sandaal wat dikwels om die kuit vas geryg is, was dikwels die skoeisel van die Grieke. Hulle dra ook graag kuitlengte stewels om hul voete te beskerm. Tragiese akteurs moes platvormskoene dra om groter en meer sigbaar te wees. Komiese karakters het gewone kouse gedra en wanneer vroue uitgebeeld is het lyfkouse gedra met progastreda vir 'n groter maag en 'n prosterneda vir borste van 'n vrou.
Gebruik van rekwisiete Die rekwisiete is gebruik om die karakter beter te skilder: byvoorbeeld, 'n kroon vir 'n koning, 'n lier vir 'n musikant, 'n kierie vir 'n ou mens en wapens vir soldate. Die skeuopoios was die Griekse naam vir 'n rekwisietekunstenaar.http://artsedge.kennedy-center.org/interactives/greece/theater/playersProps.html Besoek op 31 Oktober 2016
Amfiteater Vir die Stad van Dionysius-fees het die argitektoniese konsep van die Griekse teater of amfiteater verder ontwikkel.Brockett, OG. 1974. The theatre an introduction. New York: Holt, Rinehart and Winston Daar word nou tydelike houtstelasies as sitplekke teen die Akropolisheuwel gebou. Die orchestra of “verhoog” het nou 'n vierkantige vorm en agter die orchestra is 'n gebou met 2 tot 3 in- en uitgange opgerig wat die skene genoem is. Die skene of tydelike hut of tent. Die akteurs kon nou daarin met hul maskers en nuwe kostuums verdwyn en verskyn om hul vir 'n volgende toneel aan te trek. Later, in 4 v.C., word die skene 'n permanente gebou. Die theatron was die gedeelte waar die gehoor kon sit. Later is die houtsitplekke met marmer vervang. Daar was ook twee parados of gange waar die koor en akteurs kon inkom en uitgaan.
Ontwikkeling van geskrewe dramatekste Omdat die verhale en geskiedenis van die Grieke ontwikkel het in dramas wat op skrif gestel is, het ons vandag die voorreg om drie van die skrywers se dramatekste te kan lees.Dutta, S. & Goldhill, S. 2004. Greek tragedy. London: Penguin. Daar het 32 tekste van drie van die heel belangrikste skrywers oorgebly! Aeschylus wen 'n prys vir sy tragedie in 484 v.C.. Net sewe van die 80 tekste van Aeschylus bly oor. Hy skryf onder andere Die perse, Prometheus gebind, Sewe teen Thebes. Een van sy groot werke is Oresteia en 'n ander is Agamemnon. Hy verminder die koor na twaalf mans en bring 'n tweede akteur in sodat daar nou dialoog kan ontstaan tussen twee karakters. Hier volg 'n kort opsomming van die verhaal van die drama Agamemnon:
Storie van Agamemnon deur Aeschylus Op die muur van die paleis van Argos staan 'n wagter. Sodra hy 'n teken kry sal hy aankondig dat Troje oorwin is deur die Griekse leer. As hy die teken ontvang hardloop hy en vertel die nuus met groot vreugde aan Koningin Klyteimnestra. Hy gaan van die verhoog af en die koor van ou manne van Argos vertel aan die gehoor hoe Paris, die Trojaanse prins, vir Helena gesteel het. Sy was die vrou van die Griekse koning, Menelaos. Daar volg dan 'n tienjarige oorlog tussen die Trojane en die Grieke. Die hartseer nuus word ook vertel van hoe Agamemnon, die broer van Menelaos sy pragtige dogter Iphigenia aan die god van Artemis geoffer het om die regte wind vir die seile van die Griekse vloot te verseker. As die koningin Klyteimnestra verskyn moet sy aan die koor van ou manne verduidelik hoekom sy beveel het dat daar 'n dankoffer tot lof van die gode gedoen moet word. Sy lig hul dan in dat Troje die vorige na geval het. Die koor bedank die gode, maar wonder so 'n bietjie of haar nuus ooit waar is. 'n Boodskapper verskyn en bevestig die nuus. Hy vertel ook hoe swaar die Griekse manskappe in Troje gekry het en loof die gode vir hul veilige terugkoms. Klyteimnestra stuur die boodskapper terug na Agamemnon maar voordat hy kan vertrek vertel hy aan die koor van die vreeslike storm wat die Griekse vloot getref het. Menelaos en baie ander is weg. Die koor sing oor die vernietigende skoonheid van Helena en as Agamemnon binnekom, ry hy op 'n strydwa met Kassandra, die Trojaanse prinses wat hy as slavin en bywyf verower het. As Klyteimnestra hom verwelkom en haar liefde aan hom verklaar met 'n tapyt van pers mantels wat voor hom uitgesprei word, jak hy haar af. Hy wil nie op die pers mantels loop nie omdat dit 'n daad van hoogmoed is maar, sy dwing hom om dit te doen en hy gaan die paleis binne. Die koor verklaar dat daar iets nie pluis is nie. Klyteimnestra kom uit en beveel Kassandra om in die huis te gaan. Kassandra praat nie met Klyteimnestra nie en dan begin sy te profeteer. Die koor hoor hoe hul koning Agamemnon en sy, Kassandra sal sterf en dat daar iemand sal kom wat hul dood sal vergeld. Dan gaan sy die huis binne. Die koor raak bang, Agamemnon gil. Die paleis deur open en Klyteimnestra verskyn. Sy staan oor die lyke van haar man en Kassandra. Nou verklaar sy dat sy Iphigenia se dood vergeld het en haar geliefde Aegisthus, die nefie van haar gestorwe man, kom staan by haar. So tussen hakkies, Aegisthus se twee broers is gekook deur Agamemnon se vader en so bedien aan Aegisthus se vader. Klyteimnestra en Aegistus regeer van nou af die Grieke. Maar o wee! Net daar verklaar die koor dat Orestes, die seun van Agamemnon en Klyteimnestra gaan terugkeer en die dood van sy vader vergeld. Net soos daar deur Kassandra voorspel is. Geen sepie kan so erg wees soos 'n Griekse tragedie nie!
Sophocles, 'n tragedie skrywer van die Grieke, 406 tot 496 v.C. Daar word beweer dat Sophocles agtergrond panele vir die teater of “pinakes” ontwerp het. Hy was die mees vaardigste van al die dramatiste. Sy toneelstuk Koning Oedipus word gereken as die mees perfekte Griekse tragedie. Ongelukkig wen hy nie die Stad van Dionysia Kompetisie daarmee nie. In vergelyking met Aeschylus het Sophocles meer komplekse en sielkundige en goed gemotiveerde karakters geskep. Van sy tekste is Antigone, Electra, Aias, en Vroue van Trachis. 'n Voorbeeld van Sophocles se briljantheid is te vinde in die gedeelte waar Oedipus Rex agterkom dat hy sy vader doodgemaak het en met sy moeder getrou het. Aristoteles noem hierdie oomblik van erkenning in die drama die anagnorisis.
Storie van koning Oedipus deur Sophocles