duimnael|regs|200px|H.J.M. Redelinghuys.
H.J.M. Redelinghuys (1894-onbekend) was ’n Afrikaanse skrywer en dramaturg. Redelinghuys beperk nie net sy skryfwerk tot 'n enkele genre nie. Hy skryf onder meer dramas, romans en Christelike verhale (onder meer 'n verhaal oor Josef, vir kinders). Hy maak ook per geleentheid van die skuilnaam Hermanus gebruik.
Lewe en werk Hermanus Johannes Martinus Redelinghuys is op 21 Februarie 1894 op Riebeek-Kasteel gebore.Lewensbesonderhede volgens P.J. Nienaber se “Hier is ons skrywers!”, bladsye 345-347 Hy gaan op sy geboortedorp en later op Kuilsrivier in medium Engels skool. In 1915 kwalifiseer hy as boekhouer aan die Metropolitan-handelskollege in Kaapstad. Hy volg hierdie beroep hierna regdeur sy loopbaan, met die uitsondering van drie jaar wat hy as afdelingshoof in die produktehandel werk. In 1927 studeer hy buitemuurs vir die B.Com.-graad.
Hy het in Bellville gewoon. Sy sterfdatum is onbekend.
Skryfwerk Sy eerste letterkundige pogings was in 1922 toe van sy verhale in Die Huisgenoot en De Goede Hoop gepubliseer word. Hy skryf onder die skuilnaam Hermanus die drama in drie bedrywe Verlief, verloof en daarna of Die waarde van ’n ware vriend.
Hy stel ook die Nuwe Afrikaanse handboek vir debats- en Christelike jongeliedeverenigings saam en vertaal Lew Wallace se klassieke verhaal Ben-Hur in Afrikaans.
Die boekie Agter die vyeblare verskyn ook onder die skuilnaam Hermanus by die S.A. Bybelvereniging.
In 1924 verkoop hy nog ’n manuskrip aan H.A.U.M., maar hierdie boek is nooit uitgegee nie. In hierdie tyd bestempel P.C. Schoonees hom as ’n traktaatjieskrywer en ’n promoverende doktor in Nederland beskryf sy werk as ’n prul, waarna hy ophou met skryf.P.J. Nienaber se “Hier is ons skrywers!”, bladsy 346 Sy suster bemoedig hom egter om weer te begin en vanaf 1936 verskyn daar weer verskeie werke uit sy pen en een van sy romans verwerf die eerste prys in ’n romanwedstryd. Die hooftema in sy werk is die armes se stryd vir voortbestaan, ’n tema wat inslag by hom vind nadat hy in 1921 gereeld werk in die agterbuurtes van Kaapstad moes doen en hy ’n maatskaplike werker se motiverende toespraak oor hierdie onderwerp bygewoon het.
Josef in Memfis is die verhaal van die Bybelse Josef, oorvertel vir kinders.
Publikasies Werke uit sy pen sluit in:Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3ARedelinghuys%2C+Hermanus+Johannes+Martinus.&qt=hot_author JaarPublikasies1922Agter die vyeblare (Hermanus)1923Verlief, verloof en daarna of Die waarde van ’n ware vriend (Hermanus)1938Josef in MemfisNàära1941Die uiterste draai1942Tekeninge op my kladboekUit al my bande1943Die laaste skipper1944Die familie Richter-Meus1946Eers die koninkrykDie leë brikUit ’n vrouSamesteller1923’n Nuwe Afrikaanse handboek vir debats- en Christelike jongeliede-verenigingsVertalerBen-Hur – Lew Wallace
Bronnelys
Boeke Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse dramaturge