duimnael|Nic Potgieter

Nic Potgieter (*7 Oktober 1906, Hartbeesspruit –† 9 Februarie 1985, BelfastGeni: https://www.geni.com/people/Nicolaas-Albertus-Potgieter/6000000024106505596) was ’n Afrikaanse skrywer. Hy is bekend as kortverhaal en romanskrywer en sy werke handel meestal oor plattelandse mense en leefwyse uit.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Potgieter,_N.A.

Herkoms en vroeë lewe Nicolaas Albertus Potgieter is op 7 Oktober 1906 op Hartebeesspruit in die distrik Belfast in Transvaal gebore. Hy was die tweede oudste seun en een van vyf kinders van Nicolaas Albertus Potgieter en Johanna Jacoba Botha. Sy broers was Hermanus Jacobus Botha, Johannes Lodewicus en Johan Henry en sy suster Jacoba Johanna. Op Belfast begin hy sy skoolopleiding aan ’n plaasskooltjie in die distrik, waar hy elke dag met die donkie tot by die skool moes ry. In standerd vier gaan hy na die dorpskool op Belfast. Sy probleme met wiskunde veroorsaak dat hy twee jaar in matriek deurbring, maar hy matrikuleer tog einde 1926 op Belfast.

Boerdery Hierna gaan hy boer op die familieplaas Berg-en-Dal, waar die geskiedkundige slag van Berg-en-Dal (ook genoem die Slag van Dalmanathu) tussen genl. Louis Botha en lord Roberts op 26 en 27 Augustus 1900 tydens die Anglo-Boereoorlog plaasgevind het. Hy trek gereeld met die trop skape na die Transvaalse Laeveld tussen Lydenburg en Sabie. Later word hy assistent-magistraat en griffier. Benewens skrywer was hy ook 'n behendige skilder.

Persoonlike lewe en sterfte Hy trou op 22 Maart 1932 met Elizabeth Hendrina Haarhoff en ’n seun, Nicolaas Albertus, en twee dogters, Anna Cecilia en Jacoba Johanna, word uit die huwelik gebore.

Hy is op 9 Februarie 1985 op Belfast oorlede.

Skryfwerk In die veld het hy kans om sy gedagtes vrye teuels te gee en hy begin verhale skryf, wat van 1939 in publikasies soos Die Volksblad, Die Huisvrou, Die Landbouweekblad en Die Brandwag verskyn. In sy boeke beeld hy veral die plattelandse mense en leefwyse uit op ’n humoristiese, klein-realistiese manier.

Hy publiseer twee kortverhaalbundels (Petaljes op die platteland en Botsings en ander verhale) waarin hy geestige stukke sonder didaktiese strekking of diepgang bundel.

Hy skryf ook sewe romans. Oorwinning en die vervolg daarop, Vervulling, handel oor die stryd van ’n verarmde boer om sy plaas te herwin. Deur die tussenkoms van sy seun is hy eindelik suksesvol. Rooi Bêrend, Onblusbare kole, Bondgenote en Ses spanne osse speel almal ook hoofsaaklik op die plaas af.

Publikasies Werke wat uit sy pen verskyn sluit in:Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2002-9793/ JaarPublikasies1939Petaljes op die platteland1941Oorwinning1942Botsings en ander verhaleVervulling1946Bondgenote1949Rooi Bêrend1950Onblusbare kole1965Altyd skyn die sterre1966Ses spanne osse

Bronnelys

Boeke Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk. Kaapstad. Elfde druk,1970. Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica. Pretoria en Kaapstad. Tweede druk, 1984. Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg. Eerste uitgawe, 1949. Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg. Derde hersiene uitgawe, 1969. Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers. Pretoria. Eerste uitgawe, 1998.

Tydskrifte en koerante Anoniem. Nicolaas Albertus Potgieter. Brandwag, 18 Oktober 1946. Anoniem. Plaasboer op Belfast is skrywer, skilder. Hoofstad, 24 Maart 1971.

Ongepubliseerde dokumente Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. Potgieter, Nicolaas Albertus – Biografie.

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1906 Kategorie:Sterftes in 1985