Johannes Jacobus Krüger is ’n Afrikaanse skrywer van Bloemfontein.

Skryfwerk “Danster en sy Sleepsel”Anoniem “Die Burger” 13 Januarie 1940 is ’n roman oor die San Danster se lewe wat handel oor ’n tyd, ’n groep mense en rasseverhoudings wat vir altyd verby is.Schoonees, P.C. “Die Huisgenoot” 4 Mei 1951 Danster trek met sy gesin van Katrivier na die Hantam en word skaapwagter op die plaas van baas Apie van Rietvlei. Op tradisionele paternalistiese wyse word Danster uitgebeeld as ’n onbeskaafde mens wat dagga rook en sy plig verwaarloos as die baas nie daar is nie, maar terselfdertyd al sy skape op die naam ken en ’n uitgebreide kennis van die natuur en die diere besit. Hy het ook allerhande bygelowe, maar onder die leiding van die baas kom hy tog geleidelik tot bekering. Die ernstige en humoristiese tonele in die boek word goed afgewissel.

Hy skryf verskeie boeke vir die jeug in die “Kennis vir almal”-reeks. Dit sluit in “Fratse met wilde diere”, ’n meer realistiese uitbeelding van die diere op populêr-wetenskaplike lees geskoei, “Donse”, “Die ruggraat-kamp”, “Oerwoud-reuse”, “Reptiel-petaljes”, “Slagtande”, “Veldworstelaars” en “Die wildkamp”.

Publikasies JaarPublikasies1939Danster en sy Sleepsel1940Fratse met wilde diere1943DonseDie ruggraat-kamp1944Oerwoud-reuseReptiel-petaljes1950SlagtandeVeldworstelaarsDie wildkamp

Bronnelys

Boeke Beukes, Gerhard J. en Lategan, F.V. “Skrywers en rigtings” J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste uitgawe 1952 Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998

Tydskrifte en koerante Krüger, J.J. “’n Skrywer se verweer” “Die Vaderland” 29 Desember 1939

Internet Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2008-42544/

Resensies

Kategorie:Afrikaanse skrywers