Die Tweebalk-humbug (Dascyllus carneus) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese Oseaan en die Rooisee; meer spesifiek die ooskus van Afrika suidwaarts tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Twobar humbug.

Identifikasie Die vis word tot 7cm lank. Die vis se lyf wit tot bleek met 'n vertikale streep by die pektoralevin se basis en 'n tweede op die agterkant van die lyf. Die middelpunte van die skubbe is gemerk met kort, blou strepies en die dorsale- en analevinne se rante is blou. Hulle leef in aflandige koraalriwwe in water wat 5 tot 35m diep is. Hulle vang soöplankton bokant die rif.

Die visse leef in klein groepies bokant die koraaltakke en vlug na hul skuilings wanneer hulle bedreig voel.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakel http://www.fishbase.se/summary/Dascyllus-carneus.html

Verwysings

Kategorie:Beenvisse