Duinekool of strandkool (Trachyandra divaricata (Jacq.) Kunth) is 'n spesie endemies aan Suid-Afrika. Dit kom in die provinsies Wes-, Oos- en Noord-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.
Op die oostelike oewer van die Groot-Brakrivier se monding kom dit saam met vanwyksbossie op die heuweltjies van die duine voor.
Dit is 'n indringersoort in Australië en gee daar aanleiding tot neurologiese siektes en lipofusinose onder perde en skape. In Suid-Afrika en Namibië, waar 'n verwante spesie T. laxa aangetref word, kom vergiftigings ook voor, veral in die droë maande Augustus tot Desember. Voor die tyd is dit nogtans smaaklik. Dit is 'n meerjarige plant wat polle vorm tot 80 cm hoog met smal, vlesige blare. Die blomstingels is baie vertak en dra klein wit blommetjies wat net kort bloei. Die plant se blomstingels word ook geoes en deur mense geëet.
Biogeografie 'n Biogeografiese studie van die plante van die soutmoerasse van Suid-Afrika se riviermondings het aangetoon dat daar verskille is tussen die plantgemeenskappe van die koeler gematigde mondings en die subtropiese soutmoerasse. Duinekool is kenmerkend van die gematigde mondings saam met die spesies: Morphological Variation and Species Diversity of South African Estuarine Macrophytes , proefskrif Department of Botany, Nelson Mandela Metropolitan University, Port Elizabeth, 2012
Aizoon sarcophyllum (Fenzl ex Sond.) Klak Frankenia capitata Webb & Berthel. Limonium depauperatum (Boiss) R.A.Dyer Mesembryanthemum nodiflorum L. Micranthus junceus (Baker) N.E.Br. Moquiniella rubra (A.Spreng.) Balle Moraea lewisiae (Goldblatt) Goldblatt Nylandtia spinosa (L.) Dumort. Odyssea paucinervis (Nees) Stapf Oncosiphon suffruticosum (L.) Källersjö Paspalum distichum L. Persicaria lapathifolia (L.) Gray Polygonum aviculare L. Pteronia glabrata DC Ruschia glauca L.Bolus Ruschia tenella Ruschia subpaniculata L. Bolus Salicornia uniflora Toelken Salsola aphylla Spreng. Senecio sarcoides C.Jeffrey Senecio burchellii DC. Vanzijlia annulata (A.Berger) L.Bolus Xanthium strumarium L.
Verwysings
Eksterne skakels
divaricata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Veldkos