Mesembryanthemum nodiflorum, L. is 'n plantjie uit die vygiefamilie wat aan Suid-Afrika inheems maar nie endemies is nie. Dit kom veral in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap voor en is op die SANBI-rooilys as veilig (LC) gelys. Saam met ander spesies van die genus word dit dikwels in Afrikaans brakslaai genoem.

In die droë Karoo is dit een van die hoofkomponente wat deur skape bewei is.

Dit is ook een van die spesies wat saam met duinekool kenmerkend aan die gematigde soutmoerasse van die riviermondings is.

M. nodiflorum kan in droë en soutige omstandighede groei en besit groot blaasselle wat die plant se velletjie 'n glinsterende aanblik gee. Die lewende plant slaan sout in sy blaasselle op wat ná sy afsterwe weer in die grond tereg kom. Dit verhoed dat ander plante op sy plek kan groei. Die plant kan ook van C3-fotosintese oorskakel op CAM-fotosintese. Dit verminder vogverlies en verhoog sy oorlewenskanse. By droogte skakel die plant na CAM oor en fokus op die vervaardiging van saadjies.

Verspreiding In Afrika is die plant inheems in Algerië, Egipte, Kanariese Eilande, Libië, Madeira, Mauritanië, Marokko, Namibië, Selvagens, Suid-Afrika, Tunisië en Wes-Sahara.

Buite Afrika is die plant inheems in die Baleariese Eilande, Oos Egeïese eilande, Frankryk, Griekeland, Persiese Golfstate, Iran, Irak, Italië, Joego-Slawië, Korsika, Kreta, Koeweit, Libanon, Oman, Saoedi-Arabië, Sardinië, Sisilië, Sinai, Sirië, Spanje Staat Palestina en Turkye.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:363203-1

Die plant is 'n indringerspesie in Australië, Kalifornië en op sommige eilande in die Atlantiese Oseaan.

Galery

Verwysings

nodiflorum Kategorie:Flora van Algerië Kategorie:Flora van Egipte Kategorie:Flora van die Kanariese Eilande Kategorie:Flora van Libië Kategorie:Flora van die Madeiraeilande Kategorie:Flora van Mauritanië Kategorie:Flora van Marokko Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tunisië Kategorie:Flora van Wes-Sahara Kategorie:Flora van die Baleariese Eilande Kategorie:Flora van Frankryk Kategorie:Flora van Griekeland Kategorie:Flora van Persiese Golfstate Kategorie:Flora van Iran Kategorie:Flora van Irak Kategorie:Flora van Italië Kategorie:Flora van Joego-Slawië Kategorie:Flora van Korsika Kategorie:Flora van Kreta Kategorie:Flora van Koeweit Kategorie:Flora van Libanon Kategorie:Flora van Palestina Kategorie:Flora van Oman Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Sardinië Kategorie:Flora van Sisilië Kategorie:Flora van Sirië Kategorie:Flora van Spanje Kategorie:Flora van Turkye